Veedief kry twee jaar agter tralies

Die 25-jarige Ronaldo Sithole van Orange Farm is in die landdroshof in Heilbron tot twee jaar gevangenisstraf gevonnis. Dit volg na die diefstal van 13 skape op die plaas Erfbank in die Heilbron-distrik op 23 Desember 2021. Een van die twee jaar vonnis wat opgelê is, is vir vyf jaar opgeskort en hy is ook …

Die 25-jarige Ronaldo Sithole van Orange Farm is in die landdroshof in Heilbron tot twee jaar gevangenisstraf gevonnis.
Dit volg na die diefstal van 13 skape op die plaas Erfbank in die Heilbron-distrik op 23 Desember 2021.
Een van die twee jaar vonnis wat opgelê is, is vir vyf jaar opgeskort en hy is ook onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit. Danksy die vinnige optrede van lede van die polisie se eenheid vir Veediefstal en Bedreigde spesies in Heilbron, is Sithole in 2021, dieselfde dag van die diefstal, in hegtenis geneem.
Al 13 skape, is 10 kilometer vanaf die plaas waar dit gesteel is, teruggevind.

Related Articles

Back to top button