Parvo enteritis (katgriep): Dit is wat jy moet weet

Raadpleeg jou veearts.

Dit is baie belangrik dat jy sal seker maak dat jou troeteldiere se inentings jaarliks op datum is, onder meer teen Parvo enteritis.

Wat is Parvo enteritis?

Dit is ‘n hoogs aansteeklike virus wat honde (veral onder ses maande) aantas.
Parvovirus is uiters aggressief en tas die maagdermkanaal aan. Dit veroorsaak braking en bloederige diarree wat lei tot ontwatering, hipotermie, toksemie en uiteindelik die dood. ‘n Hele werpsel kan so uitgewis word. Behandeling is duur en slegs ondersteunend aangesien niks die virus self kan doodmaak binne die liggaam nie.
Baie honde oorleef met behandeling, maar ongelukkig nie almal nie. Sekere honderasse soos onder andere rottweilers en dobermans is besonder vatbaar, sowel as honde wat geen entings gehad het nie, en beslis die swakste kans op oorlewing het.
Parvovirus besmet ook die omgewing. ‘n Besmette erf bly vir baie jare besmet.
Katgriep vat omtrent 7-10 dae na blootstelling voor die dier siek word.
Die antwoord lê hoofsaaklik in voorkoming van die siekte.
* Wees versigtig waar jy honde koop. Maak seker dat daar geen geskiedenis van katgriep is nie.
* Verkopers wat handel of “smous” in klein hondjies, dra ‘n hoë risiko weens die hoë omset van die diere en die verhoogde risiko van blootstelling.
* Indien jy uit goedheid hondjies optel en by jou huis inneem om hulle te help of te red, is daar ‘n werklike risiko vir jou hond by die huis.
Baie kere word die nuweling eers na ‘n paar dae in sy nuwe huis siek.
Teen daardie tyd is die huis se oud-inwoners blootgestel aan die virus.
* Enting speel die grootste rol in voorkoming.
* Groot honde moet jaarliks geënt word.
* Teeltewe moet jaarliks geënt word om immuniteit aan hulle babahondjies deur hul bies oor te dra aan die klein hondjies wat hulle vir die eerste 4-6 weke van hulle lewe beskerm.
Die enting moet verkieslik buite die dragtigheid gegee word.
Raadpleeg jou veearts.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button