Pad na stortingsterrein moet aandag kry

Gevolglik word vullis oral langs die pad en selfs voor die stortingsterrein afgegooi.

Ná klagtes die afgelope week oor die onrybare toestand van die Weiveld Dover-pad wat ook na Parys se munisipale stortingsterrein lei, het Ngwathe se uitvoerende burgemeester, rdl. Victoria de Beer, onderneem om die paaie departement se hulp te vra om die pad te skraap.
Dié departement het onlangs die Weiveld-pad geskraap, het sy gesê, en beloof om hulle te vra om Ngwathe te help om ook dié gedeelte by die stortingsterrein rybaar te kry.

Naas boere wat daagliks van die pad gebruik maak, gebruik veral ook tuindienste en rommelverwyderaars die pad om by die stortingsterrein te kom. Maar dit is nie net die pad wat byna onrybaar is wat dringende aandag kort nie, sê hulle. Daar is klagtes oor die bestuur en beheer van die stortingsterrein. Gevolglik word vullis oral langs die pad en selfs voor die stortingsterrein afgegooi.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button