MotoringSport

Die ysbere sit voet in die water

Navrae kan gerig word aan 082 8514 584

 

Bibberkoue of te nie. Saterdag, 25 Junie om 12:00 sal die ysbere die ysige water van die Allemanskraaldam trotseer wanneer daar aangetree word by die damoewer by die Willem Pretorius Wildtuin-sentrum vir die jaarlikse Ysbeertjie-swem. Ná twee jaar in die Covid-woestyn herleef die gewilde Ysbeerswem. Daar sal voorsiening gemaak word vir 300 swemmers en elk van die 300 kry oudergewoonte ‘n medalje. Belangstellendes moet sommer vroeg die dag regstaan om in te skryf om teleurstelling te voorkom. Die reëlings vorder goed en alle veiligheidsmaatreëls sal soos gewoonlik in plek wees. VS lewensredders en bekwame paramedici van die Goudveld sal diens doen.
Die verversings sal deur die Rotariërs van Odendaalsrus behartig word, en die winste vir hul projekte aangewend word. Goldco Midas het soos die afgelope klompie jare weer hul volle ondersteuning aangebied waarsonder Ysbeer nie aangebied sou kon word nie. Die nuwe terrein bied lekker swemuitdagings … oop water … bietjie verder .. in ‘n dam … maar net so opwindend en uitdagend. Groepgees gaan weer gemeet en getoets word, en ‘n verskeidenheid ‘karakters’ word verwag met lekker pryse op die spel. Baie navrae is reeds ontvang vanoor die hele streek.
Daar sal soos in die afgelope twee jaar ook weer geleentheid wees vir dié wat nie by Aldam kan wees nie om tuis iets Ysbeerig te doen.
Een van die grootste teleurstellings is dat die gewilde 4×4 nie by Willem Pretorius aangebied kan word nie, maar sal daar nog steeds ysbeerfees gevier word. Die hoop is om boeresport of kaskenade-items aan te bied soos die gewildheid van ‘post’ Covid YSBEER groei.

Die Vrystaat Ysbeerswem vind op 25 Junie plaas. Foto: Alet van der Walt.

Die nuwe tradisie middernagswem sal beslis op die kaarte wees met lekker waardevolle ‘goodie bags’ en YS-like groot medaljes vir dié wat genoeg moed het daarvoor. Die koste vir nagswem is R500. Koste by die hek is R100 per voertuig en die swem R75 per persoon. Laat inskrywings (na 11:45 en na die eerste 300 inskrywings) sal ‘n administratiewe fooi betaal en moontlike posgeld vir medaljes. Navrae kan gerig word aan 082 8514 584

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button