Nog reën voorspel

Ysige temperature ook volgende week nog gevoel

Dis koud en nat en nóg reën word vir môre (Sondag 22 Mei) voorspel.

Vrydagaand is reeds 20mm reën in Parys gemeet en is daar plekke waar tot 27mm reën gemeet is.

Tot dusver is reeds 38mm reën in Parys vir Mei maand gemeet.

Vir baie boere kom die reën egter op ‘n baie kritieke tyd.

Dié besondere foto is vanoggend in Grewarlaan deur Annemarie Ferreira geneem

Môre word net ‘n maksimum van 15 grade vir Parys voorspel met 50% kans vir reën.

Die maksimum temperatuur vir vandag, Saterdag 21 Mei is 13 grade Celsius.

Temperature sal ook volgende week steeds laag wees.

 

Related Articles

Back to top button