Ma en seun vermoor

Verdagte in hof vir dubbele moord

‘n 30-Jarige man het vandag in die Viljoenskroonse landdroshof verskyn op klagte van moord, na die dood van ‘n 34-jarige vrou en haar 14-jarige seun die afgelope naweek.

Die verdagte het na bewering Saterdag  in die vroeë oggendure na die vrou, wat sy vorige vriendin was, se huis gegaan, en haar met ‘n mes doodgesteek, en haar seun met ‘n hamer op die kop geslaan.

Die verdagte het beweer dat hy die seun as die vriend van sy voormalige vriendin aangesien het.

Hy het na die dubbele moord van die toneel gevlug.

Paramedici het beide die 34-jarige ma en haar 14-jarige seun op die toneel dood verklaar.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button