Bloedskenkdatum verander

Jy kan Donderdag skenk

Onthou dat die tweede bloedskenk datum vir Mei verander het.
Bloedskenkers kan  Donderdag 19 Mei by die Hervormde Kerksaal, h/v Loop & Paulsenstraat, bloed skenk vanaf 12:00 –18:00.
Die Bloeddiens doen ’n beroep op alle skenkers, veral skenkers wat nie in die afgelope paar maande geskenk het nie, asook nuwe skenkers wat aan die minimum vereistes voldoen om te help om die bloedvoorraad aan te vul.
Om ʼn bloedskenker te word, moet jy
Tussen die ouderdom van 16-75 wees
Meer as 50kg weeg
Iets voor jou skenking eet
Gesond wees op die dag van skenking

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button