Parys karate-studente bring heelwat medaljes huis toe

Parys karate-studente bring heelwat medaljes huis toe

Lede van die Parys Sansei Goju Ryu karateklub het op 18 en 19 April saam met klubs van sover as Kaapstad, Kroonstad, Welkom, Vanderbijlpark, Vaalpark, Johannesburg en Alberton, deelgeneem aan ‘n talent identifisering en klubkampioenskap-toernooi. Studente wat by hierdie toernooi 1ste, 2de en 3de plekke behaal het, kwalifiseer om deel te neem aan die streekkampioenskap wat in Mei gehou word.

Agter van links is Nathan Swart (silwermedalje), Zak Thirion (2 goue medaljes) en Nic Foley (1 goud en 2 bronsmedaljes). In die tweede ry van agter is renshi Petro Nel, Riko Vorster (4 goue medaljes), Ewan Vorster (1 goud, 1 silwer en 1 bronsmedalje) en Iwan Prinsloo (1 silwer en 1 bronsmedalje). Voor is Hendrik van den Berg (1 silwer en 2 bronsmedaljes), Lihan Pretorius (1 goud, 1 silwer en 1 bronsmedalje), Anakin Powell (1 goud en 2 silwermedaljes), sensei Roelien Vorster, Reghard Thirion (1 goud en 1 silwermedalje) en Eben Senekal (4 silwermedaljes). Heel voor in die middel is Dominic Powell, 2 goue en 1 bronsmedalje). Foto: Verskaf

 

   

 

Exit mobile version