Kyk net hoe spoggerig lyk dié span nou

Kyk net hoe spoggerig lyk dié span nou

 

 

Jy kan maar die knapies op die rugbyveld dophou dié seisoen! Die o.11-rugbyspan van Parys Primêre skool sal vanjaar op die veld draf met splinternuwe rugbytruie, sportsakke en waterbottels wat deur borge moontlik gemaak is. Die truiborge is CWS (hoofborg), Local Choice Pharmacy, Major Drilling, G on V Signature Bar, Egweni River Lodge en Ancol Herbal Remedies. Hul sportsakke is geborg deur Bruyns Equipment, en hul waterbottels deur Legacy Livestock en Hannes Viljoen.

 

Op die foto is die o.11-rugbyspan van Parys Primêre skool saam met verteenwoordigers van die borge wat die span se splinternuwe truie en sakke moontlik gemaak het, asook hul afrigters, mnr. Jaco Marais en Nic Ferreira. Die borg-verteenwoordigers op die foto is Hugo Vermaak (G on V), Petra Groenewald (Egweni), Ané Page (Ancol Herbal Remedies), Annalies Alberts (Ancol Herbal Remedies), Lientjie Schwim (Local Choice Pharmacy), Soreta Steyn (CWS) en André Bruyns (Bruyns Equipment). Afwesig op die foto is Legacy Livestock en Hannes Viljoen (waterbottel borge), sowel as een van die truiborge, Neels Steyn van CWS.

 

 

   

Exit mobile version