Vredefort se Barry Jordaan groet ná 29 jaar

Vredefort se Barry Jordaan groet ná 29 jaar

 

 

Een van Ngwathe se jarelange staatmakers in Vredefort, Barry Jordaan, het ná 29 jaar diens op 31 Maart die tuig neergelê. Hy was vir die grootste deel van sy diensjare Ngwathe se tegniese toesighouer in Vredefort.

Barry het vir 18 jaar by National Bolts gewerk voordat hy die pos by die munisipaliteit aanvaar, en in 1993 in Mokwallo begin het.

Vandaar is hy na die Vredefort munisipale kantore en toe vir 10 jaar na die Parys kantore tot 2013, voordat hy weer terug is na die Vredefort.

As tegniese toesighouer moes hy onder meer toesig hou oor die spanne wat verantwoordelik was vir paaie, water, riool en elektrisiteit in Vredefort.

Barry sal nou dat hy met pensioen afgetree het, steeds in Vredefort aanbly waar hy hom gaan besig hou met sy stokperdjies, want dié man se hande staan vir niks verkeerd nie.    

   

Related Articles

Back to top button