Jou treë sal ‘n verskil maak dié naweek

Só kan jy Epilepsie SA en Weermag Veterane dié naweek ondersteun

 

Twee groot fondsinsamelingsprojekte word die naweek in Parys geloods ten bate van Epilepsie SA en die Weermag Veterane Vereniging onderskeidelik. Die Weermag Veterane sal hierdie Saterdag, 12 Februarie, worsbroodjies voor die Parys Info-kantoor by die Impak-sentrum in Waterstraat verkoop, om geld in te samel vir dié organisasie, en ter bewusmaking van hul pretnaweek by Udolpho. Die pretnaweek by Udolpho skop af op Vrydag, 25 Maart om 19:00 met die optrede van Bok van Blerk. Besoekers aan Udolpho sal dan tot Sondag, 27 Maart die musiek, stalletjies en saamkuier kan geniet, aangebied deur die Weermag Veterane Vereniging. Kom ondersteun Saterdag die worsbroodjieverkope en koop sommer jou kaartjies vir die Bok van Blerk-konsert teen R150 per persoon by die Info-kantoor.

Jy kan ook vir Louise Kenny by die Info-kantoor skakel by (056) 811 4000 vir kaartjies of meer inligting. Nog iets waarna jy dié naweek kan uitsien is die 50 Miljoen treë inisiatiewe ten bate van Epilepsie SA. Dit is ‘n landwye veldtog. Parysenaars kan die 50 Miljoen treë inisiatief vir Epilepsie SA ondersteun met ‘n 3km pretstap Saterdag, 12 Februarie om 09:00 vanaf die Dome Fitness Centre parkeerterrein, Waterstraat 34, Parys. Die koste is R50 per persoon met lekker pryse wat gewen kan word vir onder meer die stapper wat die oorspronklikste aangetrek is. Deelnemers ontvang elkeen ‘n sertifikaat. Hadeda Creek bied op 13 Februarie vanaf 05:30 tot 18:00 ‘n 50 Million Hiking Steps aan ten van Epilepsie Suid-Afrika. Enigeen van 10 jaar tot 65 jaar is welkom om te kom deelneem. Die stap kos R120 per persoon of R400 vir ‘n familie van 4 wat wil saamstap.

Skakel gerus 079 096 5667 vir meer inligting. Epilepsie SA se Vrystaat/Noordwes-sentrum bied vervoer na Hadeda Creek sou jy wou deelneem.

Die optelpunt is om 05:30 vanaf die Epilepsie-sentrum (Boomstraat 52), om 05:20 vanaf Malome in Tumahole, en om 05:20 vanaf die Fezile Dabi-stadion in Tumahole. Met die 50 Miljoen treë inisiatief en fondsinsameling word bewusmaking geskep vir hulle met epilepsie.

* Gaan maak gerus ‘n draai by die Info-kantoor in Waterstraat om te hoor wat Parys besoekers kan bied.

 

 

Related Articles

Back to top button