KidsParenting News

Edublox wakker passie aan vir leer en lees

Edublox wakker passie aan vir leer en lees

   

Parys is die tuiste van die nuutste Edublox-konsessie in Suidelike Afrika. Edublox is ‘n verskaffer van gespesialiseerde hulpdienste vir lees, wiskunde en leer, en fokus op kognitiewe opleiding wat kinders help om hul volle akademiese potensiaal te bereik – ongeag of hulle sukkel, of net bloot gemiddelde leerders is wat graag toppresteerders wil word. Edublox Parys, wat vanaf middel Augustus oop is vir assesserings, het reeds sewe leerders, vanuit verskeie skole in Parys, wat akademies baat vind by Edublox se programme.

Dié programme het sedert 1979 al meer as 150 000 mense in verskeie lande gehelp. Die eienaar van Edublox Parys, Cecilia Wood, is passievol oor die onderwys en het ses jaar se ervaring met kinders van verskeie ouderdomme. Sy het ook ‘n B.Ed-graad en het al verskeie kursusse bygewoon oor ADHD. “My onderwys-agtergrond en liefde en passie vir kinders, asook die behoefte om ‘n verskil te maak, het my aangespoor om hierdie nuwe geleentheid aan te pak,” sê Cecilia.

“Ek voel dis my roeping om kinders in ons dorp te inspireer om lief te word vir lees en leer, want kennis is ‘n wonderlike bate wat niemand ooit van ‘n mens kan wegvat nie. Ek voel dat leerders ‘n groot leemte in hul onderrig ervaar, veral na die grendelperk, en sal graag wil help.”

Cecilia se eie kinders wat skolastiese uitdagings ervaar (onder andere ADHD en leesprobleme) is die inspirasie agter die opening van Edublox Parys, en word ook gehelp deur Edublox se programme nadat sy oor die jare verskeie ander hulpmiddels probeer het. “Ek stap self die pad met my twee seuns en ek ken die uitdagings en frustrasie wat baie ouers in Parys ook ervaar. Ek kan as ‘n ouer én as besigheidseienaar met groot vrymoedigheid sê dat Edublox werklik ‘n verskil maak.”  

 

Related Articles

Back to top button