Twee van Parys-muurbalklub se junior uitblinkers, die boeties, Nico en Hanno Rust, het uitstaande prestasies behaal in die Joburg-Junior-Squash SOS-Toernooi wat die afgelope naweek in Johannesburg gehou is.
Spelers van Northerns, Gauteng en Easterns het aan die kragmeting deelgeneem.
Beide boeties het in ouer ouderdomsgroepe moes meeding – Nico in die s.o/14 groep en Hanno in die s.o/11 groep, waar albei boonop met die wenplekke kon wegstap. ‘n Ongelooflike groot prestasie vir dié twee kranige jong muurbalspelers. Nico het ook die Vrystaat-span op die nommer 2 posisie verteenwoordig by die jaarlikse Interprovinsiale Toernooi.
As gevolg van Covid-beperkings was daar vanjaar ‘n Suidelike- en Noordelike afdeling. Vrystaat het in die noordelike afdeling deelgeneem wat bestaan uit Noord-Transvaal, KwaZulu-Natal, Johannesburg (Gauteng) en SACD (South African Country District).
Ook hier het Nico uitgeblink en slegs die knie moes buig in een van sy wedstryde teen die uiteindelike wenners van Noord-Transvaal.
Hy het egter ná die nederlaag briljante spel gelewer deur al sy wedstryde te wen om sodoende die Vrystaat te help om ‘n tweede plek in die toernooi te kon behaal.