Tuinmaak, ’n wêreldwye neiging

Tuinmaak, ’n wêreldwye neiging

 

 

Een van die gewildste stokperdjies wat die laaste 18 maande wêreldwyd na vore getree het, is tuinmaak. ʼn Opname in 2020 deur GlobalData het tuinmaak as die tweede gewildste grendeltyd-stokperdjie – ‘n kortkop agter kosmaak – bevind. Gebruikers van die tuin-toepassing Candide het in ‘n kwessie van ‘n jaar verdubbel. Volgens navorsing deur die Britse Koninklike Genootskap het sowat 3,5 miljoen mense vir die eerste keer in dié tyd begin tuinmaak. Aanlyn verkope van plante het ook die hoogte ingeskiet. Dieselfde neiging is in Suid-Afrika bespeur.

Ongeag of dit ‘n hele tuin, ‘n potplant of nuwe groentuin was. Groentjie-tuiniers het hulle in hul nuut ontdekte groen vingers verheug. Hierdie tuinmaakpogings het nie net buitenshuis plaasgevind nie. In 2020 het die versorging van huisplante, die versiering van binnenshuise ruimtes met rangskikkings, en die skep van ‘n binnenshuise “oerwoud” net sulke groot neigings geraak.

Tuindag, geskep deur Candide, word vanjaar vir die sesde keer op 17 Oktober gevier en gee mense regoor Suid-Afrika die geleentheid om hul groen ruimtes – ongeag hoe groot dit is – te vier en die voortdurende terapeutiese uitwerking van hierdie blaarryke rusplekke aan te gryp. Of jy nou ‘n groentjie-tuinier is – met net ‘n vensterbank vol potplante, of ‘n ervare tuinier met ‘n uitgestreke grasperk en jou eie geheime oor hoe om te herplant, bolle op te deel of steggies te maak – Tuindag is ‘n geleentheid om al jou harde werk en jou groen ruimtes te vier.

Wat ook al jy besluit om op Sondag, 17 Oktober te doen, doen dit met ‘n blomkroon op. Geniet die oomblik. Nog nooit het ons, ons groen ruimtes so nodig gehad soos nou nie.    

 

Related Articles

Back to top button