Wanneer ’n skool se leerders hoop gee in ’n gemeenskap

Wanneer ’n skool se leerders hoop gee in ’n gemeenskap

 

 

Skole regoor die land het verlede week Hoopweek gevier waar uitgereik is in hul gemeenskappe om hoop te gee. Leerders en onderwysers van Parys Primêre skool het dié geleentheid gebruik om na vier organisasies uit te reik waar ‘n enorme verskil gemaak kon word. Die organisasies waarna uitgereik is, is die plaaslike DBV, Vrystaat Versorging in Aksie, Epilepsie SA se Vrystaat/Noordwes-sentrum in Parys, en die skool se eie welsynsprojek.

Skenkings vir die onderskeie organisasies is opgedeel tussen die onderskeie grade en is met oop harte in oorvloed gegee.

 

   

 

 

 

Die graad R en graad 7-maats het bygedra vir die DBV met katsand, katkos en hondekos, en is daar selfs hondekoekies geskenk wat ‘n groot verskil maak vir dié organisasie wat suiwer van skenkings afhanklik is vir sy voortbestaan.

 

 

 

 

Graad 1 en graad 6-maats het Vrystaat Versorging in Aksie gehelp met onder meer soppakkies, suiker, meel, rys, pasta en blikkieskos. Die skenkings sal gebruik word vir die kospakkies wat vir families met kinders in pleegsorg opgemaak word, en wat geen toelae kry, asook vir behoeftige gesinne met kinders, en behoeftige bejaardes. Wat oorbly word in die sopkombuis gebruik.  

 

 

Vir die skool se welsynsprojek kon waspoeier, toiletpapier en ander skoonmaakmiddels oorhandig word danksy die bydraes van die graad 2 en graad 5-leerders. Met die projek word uitgereik na leerders en hul gesinne in nood, en ontvang hierdie leerders daagliks toebroodjies en ‘n gekookte ete by die skool, en kruideniersware gedurende die skoolvakansies.  

 

 

 

Graad 3 en 4-leerders het uitgereik na Epilepsie SA en is nie-bederfbare kos, wasgoedpennetjie, gordyne, enkelbedlakens, toiletware, waslappe en handdoeke geskenk. Dankie aan elke ouer, leerder en onderwyser wat tydens die week ‘n groot verskil vir soveel mense en diere gemaak het met dié uitreik.  

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button