Laagste aantal nuwe gevalle vir Parys sedert tweede week in Junie

Laagste aantal nuwe gevalle vir Parys sedert tweede week in Junie

 

 

Die aangemelde aantal positiewe Covid-19 gevalle vir Parys gedurende die week 9 – 15 Augustus het op 59 geëindig. Dit is die laagste aantal gevalle per week sedert die tweede week in Junie, en 20 gevalle minder as die vorige week. Die sewedaagse rollende gemiddeld is ook laer op agt gevalle per dag, teenoor 12 die vorige week.  

 

 

Die grafiek saamgestel deur Karin Grobler, toon die aantal nuwe Covid-19 gevalle per week vir Parys en ook die res van die Ngwathe

 

 

dorpe. Met die grafiek kan die syfers vir Parys in perspektief gesien word. Grafiek saamgestel deur Karin Grobler

 

Die res van die Ngwathe dorpe het egter die meeste positiewe gevalle tot dusver aangeteken. Beide Heilbron en Edenville het hulle hoogste aantal positiewe gevalle per week tot dusver aangemeld met 48 en 16 gevalle onderskeidelik. Koppies en Vredefort se aantal positiewe gevalle is stabiel die laaste drie weke op om en by 20 en 12 gevalle elk per week.      

 

 

Related Articles

Back to top button