Fiela se kind se Shaleen Surtie-Richards sterf

Die ongelooflike talentvolle en befaamde aktrise, Shaleen Surtie-Richards, is vanoggend (Maandag 7 Junie) in die ouderdom van 66 jaar, oorlede. Dit was met die skryf van hierdie berig nog nie bekend wat die oorsaak van haar dood is nie. Sy was in die Kaap vir die verfilming van “Arendsvlei” en is dood in die gastehuis …

Die ongelooflike talentvolle en befaamde aktrise, Shaleen Surtie-Richards, is vanoggend (Maandag 7 Junie) in die ouderdom van 66 jaar, oorlede.

Dit was met die skryf van hierdie berig nog nie bekend wat die oorsaak van haar dood is nie. Sy was in die Kaap vir die verfilming van “Arendsvlei” en is dood in die gastehuis gekry waar sy tuis gegaan het.

As aktrise  sal sy onthou word vir haar ongelooflike toneelspel in rolle soos dié van Fiela in die bekende film, “Fiela se kind”.

 

 

Die rol wat Shaleen Surtie-Richards as Fiela in die film, Fiela se kind, vertolk het, het sy met soveel oortuiging en emosie vertolk. ‘n Rol wat jou altyd sal bybly. Foto: Google Images

 

Ons innige medelye aan haar gesin en familie. Haar dood laat ‘n groot leemte in die Suid-Afrikaanse vermaaklikeidsbedryf.

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button