Heelwat medaljes vir plaaslike karate-studente na streekskompetisie

Heelwat medaljes vir plaaslike karate-studente na streekskompetisie

     

 

Studente van die Parys Sansei Goju Ryu karate-klub het aan die Fezile Dabi karate streekskompetisie in Vaalpark deelgeneem. Francois van Deventer behaal brons vir sy Kata, silwer vir sy Wooden Kata en silwer vir Kumite. Ewan Vorster het ‘n goue medalje ontvang vir Bladed Kata en silwer vir Kata. Riko Vorster verwerf goue medaljes vir Kata, Wooden Kata en Points Fighting en brons vir Kumite. Hendrik van den Berg kry brons vir Kata, brons vir Kumite en silwer vir Bo Kata. Kai Koekemoer het silwer gekry vir Bladed Kumite en Continious Fighting, brons vir Bo Kata en ‘n vierde plek vir Kata. Nic Foley verower silwer vir Kata en goud vir Wooden Kata.  

 

Exit mobile version