Drie swem virtuele Midmar

Drie swem virtuele Midmar

 

Swemmers vanoor die land het vanjaar die geleentheid gehad om vir die eerste keer die nou reeds bekende Midmar Myl, virtueel te kon swem.
Die geleentheid is jaarliks die grootste oopwater swemgeleentheid ter wêreld en is op die nippertjie besluit om die 30ste Myl vanjaar op ‘n virtuale platform te loods weens die Covid-19 pandemie.
Deelnemers kon enige tyd van Saterdag 6 Maart tot Sondag 14 Maart deelneem, waar hulle ook al is, deur die 1,6km of te wel dan ‘n myl te swem, hetsy in ‘n private swembad, openbare swembad, gimnasium swembad, dam, rivier of see – solank jy geswem het.
Parysenaars wat die uitdaging aangepak het, was Bay-lin Oelofse wat klaargemaak het in 21,28, Cay-din Oelofse in ‘n tyd van 24.05 en Henk Small in 29.45.

 

Exit mobile version