Home & GardenLifestyle

Tuinpraatjie: Een dag se lelie-prag

Tuinpraatjie: Een dag se lelie-prag

   

 

Al ooit gewonder waar kom die Hemerocallis of te wel, Daglelies aan hul naam? Die naam Hemerocallis is uit Grieks afgelei: μια μέρα wat “een dag” beteken, en πανεμορφη wat “mooi” beteken. Die blomme open as die son opkom, en hou vir een dag (baie van ons nuwe daglelies hou egter hul blomme langer). Daglelies is meerjarig en het trompetvormige blomme.  

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

     

 

Daglelies is beslis die perfekte meerjarige plante met pragtige blomme in ‘n verskeidenheid van kleure. Hulle is droogte- en hitte bestand en besit die vermoë om in die mees ongewenste omstandighede te groei. Hulle verg min aandag. Plant hulle in vol son of semi-skadu, in ‘n bedding sowel as in potte. Daar is relatief min peste wat vreet aan ‘n daglelie, wat hulle nog meer ideaal maak. Sodra hul geblom het en die blomme gaan dood – sny eenvoudig die dooie blomme af sodat nuwe blomgroei gestimuleer kan word. Daglelies kan tot 90cm hoog groei en ook tot en met 90cm uitsprei kante toe. Dit is nog nie té laat om joune te plant nie!  

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button