Home & GardenLifestyle

Tuinpraatjie: Pragtige ‘lelieturf’ keer watererosie

Tuinpraatjie: Pragtige ‘lelieturf’ keer watererosie

   

Hierdie pragtige ornamentele gras met die naam Liriope muscari of te wel “lelieturf”, het sy oorsprong uit Oos-Asië. Dit is meerjarig met grasagtige immergroen blare en lila-pers blomme wat in die herfsmaande enkelsaadbessies op ’n takkie vorm. Die gras is ideaal vir aanplanting teen die rant van ’n bedding om die bedding net mooi af te rond. Hulle word ook teen walle geplant om watererosie te help voorkom. Sodra hulle geplant word kan hulle versprei met ’n wydte van tot 30cm en ’n hoogte van tot 80cm. Liriope is gelukkig in vol son, semi-son of koelte en groei in enige grond (tot Parys-sand). Sy het ’n medium water behoefte – dus so 1 keer ’n week. Baie gehard en kan ryp omstandighede so goed soos droogte hanteer. Die pragtige lila-pers blomme vorm in die somermaande, en skep ’n ongelooflike kontras teen haar diep groen blare.    

 

Related Articles

Back to top button