Ā
Vroegtydige sifting en diagnose van die siekte kan vroue se kanse op oorlewing egter dramaties verbeter en verminder die behoefte van aggressiewe en indringende behandeling . Oktober is Borskanker-bewustheidsmaand en die Breast Imaging Society of South Africa (BISSA) doen ān beroep op vroue om gereeld selfondersoek te doen en om vanaf die ouderdom van 40 af, jaarliks vir ān mammogram te gaan.
Ā
Ā āBorskanker raak vroue van alle ouderdomme, rasse en sosio-ekonomiese omstandighede. So skrikwekkend as wat ān kankerdiagnose is, is die goeie nuus dat moderne mediese vooruitgang en vroegtydige sifting en diagnose daartoe lei dat meer pasiĆ«nte oorleef, en dat pasiĆ«nte kanker kan klop met minder aggressiewe en indringende behandeling. Die behoefte aan vroegtydige en akkurate diagnose kan eenvoudig nie oorbeklemtoon word nie,ā het Professor Jackie Smilg, voorsitter van BISSA, wat ān subspesialiteitsgroep van die Radiologiese Vereniging van Suid-Afrika (RSSA) is, gesĆŖ.āMammografie, wat deur radioloĆ« uitgevoer word, vorm die fondasie van vroegtydige diagnose.
Ā
Ā
Gereelde mammogramme kan dikwels help om borskanker op ān vroeĆ« stadium op te spoor, wanneer behandeling waarskynlik suksesvol sal wees,ā het Prof. Smilg gesĆŖ.In vroue met ān beduidende familiegeskiedenis van borskanker of waar spesiale omstandighede bestaan, kan ān mammogram ook gevolg word deur ultraklank en/of ān bors MRI in beide sifting en simptomatiese ondersoeke. Prof. Smilg spreek ān aantal mites rondom mammografie aan.
Ā
āDaar is eenvoudig geen wetenskaplike bewyse dat die hoeveelheid bestraling wat gebruik word in moderne mammografie borskanker kan veroorsaak, of enige ander gevaar vir die liggaam, insluitend die skildklier, inhou nie.ā Sy meen vroue word dikwels deur hierdie āirrasionele vrees vir bestralingā oortuig om alternatiewe ābeeldingsmetodesā te gebruik ā soos termografie, wat liguitstralingstoestelle of stelsels gebruik wat massas āvoelā. āDaar is geen bewyse dat hierdie metodes enige waarde in die sifting en opsporing van borskanker in vergelyking met mammografie het nie. Hierdie metodes word dikwels uitgevoer deur personeel met geen mediese opleiding en geen opleiding in konvensionele beeldingsmetodes nie, en kan in werklikheid meer skade aanrig deur te lei tot vertraagde diagnose en beperkte behandelingsopsies van borskankerā het sy gesĆŖ. Die RSSA en BISSA stem ook saam met die siening van internasionale organisasies dat bewerings van oordiagnose van borskanker ābaie oordryf is as gevolg van belangrike metodologiese gebreke in baie studiesā. Van die 10% van vroue wat na ān onbeslisde mammogram verwys word vir verdere toetsing, het die meeste eenvoudig addisionele mammografiese besigtings of ān ultraklank ontvang vir meer duidelikheid.
Ā
Slegs 1-2% van vroue moes ān naaldbiopsie ondergaan as gevolg van ān siftingsmammogram.
āDie korttermyn angs wat kan voortspruit uit ān onbeslisde toetsuitslag, kan eenvoudig nie opweeg teen die vele lewens wat elke jaar deur mammografie gered word nie. Uiteindelik vereis enige onbeslisde resultaat, verdere en dieper ondersoek. Vroue moet self besluit of die korttermyn angs swaarder opweeg as die risiko, om moontlik van borskanker te sterf. Wanneer dit kom by die hantering van ān potensieĆ«l lewensgevaarlike siekte soos ernstige kanker, maak dit sin om die mees doeltreffende, beslissende en effektiewe siftingstegnologie te kies, en dit bly die mammogram,ā voeg Prof. Smilg by. Die RSSA en BISSA moedig alle vroue aan om vanaf die ouderdom van 40 met gereelde mammografie te begin, en om dit jaarliks te doen tot op die ouderdom van 70, ongeag of hulle simptome of ān abnormaliteit het, of nie. Vroue moet gereeld hul borste ondersoek vir enige onreĆ«lmatighede en moet minstens een keer ān jaar ān kliniese borsondersoek deur hul huisdokter of ginekoloog ondergaan. Enige abnormaliteit, ongeag ouderdom of familiegeskiedenis, vereis ān onmiddellike mediese konsultasie met ān professionele gesondheidswerker.
āBaie knoppe kan skadeloos wees, maar dit is noodsaaklik dat almal ondersoek word,ā het Prof. Smilg gesĆŖ. Vroue wat ān hoĆ« risiko het, gewoonlik as gevolg van ān geskiedenis van borskanker in ān nabye familielid, moet met jaarlikse mammogramme en MRIās begin vyf jaar voor die ouderdom waarop hul familielid gediagnoseer is met borskanker, of vanaf die ouderdom van 40, wat ookal eerste kom. HoĆ« risiko word gedefinieer as ān lewenslange risiko groter as 20-25%. Dit kan bereken word deur ān dokter of aanlyn by:Ā
https://www.cancer.gov/bcrisktool/
Ā
Wat verhoog jou kanse om borskanker te ontwikkel?
Elke vrou het die potensiaal om borskanker ontwikkel.
Sekere faktore sal hulle egter in ān hoĆ«r risikokategorie plaas, insluitend:
ā¢Ouderdom: Die risiko om borskanker te ontwikkel verhoog met ouderdom, maar 1 uit 8 indringende borskankers word by vroue jonger as 45 gediagnoseer.
ā¢Familiegeskiedenis: Borskankerrisiko is hoĆ«r onder vroue wie se nabye bloedfamilielede met die siekte gediagnoseer is. Een eerstegraadse familielid (ouer, broer, suster, kind of ouma) verdubbel ān vrou se risiko om borskanker te ontwikkel. Met twee eerstegraadse familielede verhoog haar risiko ongeveer drievoudig.
ā¢Persoonlike geskiedenis: ān Vrou met kanker in een bors het ān 3-4 keer verhoogde risiko om ook kanker in die ander bors te ontwikkel, of in ān ander deel van dieselfde bors. Dit verskil van ān herhaling (terugkeer) van die eerste kanker.
ā¢Digte borsweefsel: Vroue met digte borsweefsel (soos geĆÆdentifiseer op ān mammogram) het meer klierweefsel en minder vetweefsel, en dus ān hoĆ«r risiko vir borskanker. Ongelukkig maak digte borsweefsel dit ook moeiliker vir dokters om probleme op mammogramme te sien, wat gereelde selfondersoek en sifting nog belangriker maak.
ā¢Oorgewig vroue of vroue met vetsug: Navorsing het in die verlede getoon dat vetsug die risiko van bors- en ander kankers verhoog. Meer onlangs het ān groter studie daarop gedui dat oorgewig en vetsugtige vroue wat gediagnoseer word met vroeĆ« stadium, hormoon-reseptor-positiewe borskanker ān hoĆ«r risiko het dat hul kanker sal terugkom (herhaal) en hulle het ān kleiner kans om die siekte te oorleef. Gesonde eetgewoontes en gewigsbestuur is dus veral belangrik. ā¢Leefstylfaktore: Die oormatige gebruik van alkohol, geen fisiese aktiwiteit, rook, en diĆ«te hoog in versadigde vette verhoog die risiko van borskanker.
ā¢Bestraling aan die bors voor die ouderdom van 30: Bestraling aan die bors om ān ander kanker te behandel (nie borskanker nie), soos Hodgkin se siekte of nie-Hodgkin limfoom, lei tot ān hoĆ«r-as-gemiddelde risiko vir borskanker.
ā¢Ras/etnisiteit: Wit en Asiatiese vroue is effens meer geneig om borskanker te ontwikkel as Swart en Bruin vroue. Borskanker is die mees algemene kanker onder Wit en Asiatiese vroue en die tweede mees algemene kanker onder Swart en Bruin vroue.
ā¢Hormonale omgewing: Vroue wat nog nie ān voltermyn swangerskap gehad het nie, of wat hul eerste kind gehad het na die ouderdom van 30, het ān hoĆ«r risiko van borskanker in vergelyking met vroue wat geboorte gegee het voor die ouderdom van 30. Borsvoeding kan borskankerrisiko verlaag, veral as ān vrou vir langer as ān jaar borsvoed. Vroue wat begin menstrueer voor die ouderdom van 12 het ān hoĆ«r risiko van borskanker later in hul lewens. Dieselfde geld vir vroue wat deur menopouse gaan wanneer hulle ouer as 55 is. Huidige gebruikers of die wat tot onlangs nog hormoonvervangingsterapie (HRT) gebruik het, het ān hoĆ«r risiko om gediagnoseer te word met borskanker.
Ā
https://vaalweekblad.com/78712/1uit-28-vroue-in-sa-word-deur-borskanker-geraak/
Ā