Tuinpraatjies: Pride of India – Parys se eie ‘Jakaranda’

Tuinpraatjies: Pride of India - Parys se eie ‘Jakaranda’

 

Vanweesweek gesels ons oor die Lagerstroemia Black Diamond (Pride of India / Crape Myrtle). Pride of India is beslis Parys se “Jakaranda”!!! Die nuwe “Black Diamond” Pride of India met haar amper swart blare, diep rooi tot swart takke en diep pers, pienk, rooi, of wit blomme, is verruklik! Soos die gewone Pride of India is hierdie boom ook bladwisselend en verkies ’n vol son plekkie sodat sy haar diep pers/swart kleur ten volle kan wys. Soos wat alle Parysenaars weet, blom hulle in die somer tot laat herfs!  

 

Hulle groei so 3 meter hoog en kan so 2.5 meter uitsit kante toe. ’n Pragtige snoei boompie en kan dus goed aard in ń klein tuintjie of selfs ’n pot. Die boom maak ook ’n ongelooflike mooi heining. Dit is lae onderhoud en kan beslis die koue goed hanteer. Vir die eerste paar weke nadat die boom geplant is, moet dit so twee keer per week goed water kry (ten minste vir die eerste maand). Daarna raak die boom water slim en sal haar behoefte aanpas. Sy kan tot in erge droogte steeds pragtig vertoon!

Exit mobile version