Genius Landini vestig hom in Potchefstroom

Genius Landini, onder leiding van eienaar Bart Tijssen het ‘n tak in Potchefstroom gevestig. Boere van die kontrei word uitgenooi om op die N12 oorkant ALS by hulle te kom kuier en te sien wat hulle alles bied. Volgens Bart het hy die besigheid in 2006 saam met sy broer, Evert op ’n kleinhoewe in …

Genius Landini, onder leiding van eienaar Bart Tijssen het ‘n tak in Potchefstroom gevestig. Boere van die kontrei word uitgenooi om op die N12 oorkant ALS by hulle te kom kuier en te sien wat hulle alles bied. Volgens Bart het hy die besigheid in 2006 saam met sy broer, Evert op ’n kleinhoewe in Tarlton oopgemaak. “Ons was albei in die boerdery bedryf, in en uitvoere van masjiene en opbou van tweede handse trekkers. Die vraag na tweedehandse trekkers het so gegroei dat dit vir ons deure oop gemaak het om ‘n nuwe handelaars tak met Landini te begin. Met ondervinding in landbou en in landbou toerusting het ek en my broer besluit om saam ’n tak op Tarlton oop te maak. My broer is ’n kort rukkie gelede oorlede, maar sy droom was al jare om ’n tak in Potch te begin,” vertel Bart. Die besigheid het sedert toe gegroei na drie verskillende takke, die een in Tarlton, in Brits en die toevoeging in Potchefstroom. Met 15 jaar se ondervinding in die bedryf sal Genius Landini Boere met baie goeie advies kan bystaan wanneer dit by die koop van trekkers en implemente kom. “Ons beskik oor ’n volledige werkswinkel asook onderdele van masjiene tot trekkers. Ons het ook Baaltou, Baalnet en hooitoerusting beskikbaar,” verduidelik Bart. Genius Landini bied ook ’n interessante velddiens aan hulle kliënte. Dienste en klein herstelwerk kom doen hulle sommer in die veld by jou. “Kliëntediens en kliënte gelukkigheid is vir ons baie belangrik. Dit is ons eerste prioriteit. Ons verkoop nie net produkte nie maar ons dra die belange van ons klënte op die hart,” verduidelik Bart. Genius Potch het op 20 Julie sy deure oopgemaak.

Exit mobile version