Boere staan saam teen vlamme verwoesting

Ten spyte van sterk wind wat die vlamme genadeloos aangedryf het het boere van letterlik oraloor verbete geveg teen die vlammehel wat sedert ongeveer 12:00 vanmiddag gewoed het tussen Parys en Vredefort. Die brand het aanvanklik net buite Parys beginĀ  en is deur die wind in ‘n oogwink gedryf tot verby die Boepensie padstal langs …

Ten spyte van sterk wind wat die vlamme genadeloos aangedryf het het boere van letterlik oraloor verbete geveg teen die vlammehel wat sedert ongeveer 12:00 vanmiddag gewoed het tussen Parys en Vredefort.

Die brand het aanvanklik net buite Parys beginĀ  en is deur die wind in ‘n oogwink gedryf tot verby die Boepensie padstal langs die Vredefort-pad.

Dit kan op hierdie stadium nog nie bevestig wordĀ  hoeveel hektaar alreeds gebrand het of wat die omvang van die skade is nie.

Maar wat uitstaan is die ongelooflike samewerking van ‘n gemeenskap in ‘n tyd van nood.

Ons dank aan Micha Viljoen en We Care vir die foto’s.

‘n Ongelooflike gesig van hoe ‘n gemeenskap kan saamwerk.

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button