Bid saam vir ons land en sy mense vra president

Goeie nuus vir kerke en plekke van aanbidding

Alle plekke van aanbidding insluitend kerke, moskees, sinagoges, tempels en ander erkende plekke van aanbidding sal heropen wanneer die land op 1 Junie oorbeweeg na vlak 3 regulasies van inperking.

President Cyril Ramaphosa het Dinsdagaand 25 Mei die aankondiging gemaak en gese dat alle kerke en plekke van aanbidding onder streng voorwaardes heropen met nie meer as 50 mense wat gelyktydig kerkdienste mag bywoon nie, en dat daar in ooreenstemming opgetree sal word met alle regulasies wat in plek gestel is om die styging van infeksies te verhoed.

Dit sal beteken dat mense maskers sal moet dra, veilige afstand tussen mense gehandhaaf moet word, die deeglike ontsmetting van plekke van aanbidding voor en na dienste, en dat enige godsdienstige rituele wat selfs die kleinste moontlikheid het om mense aan die Covid-19 virus bloot te stel,  vermy moet word en waar dit ‘n noodsaaklike deel van ‘n godsdienspraktyk vorm, ontsmetting uiters belangrik is.

Die president het gese daar is begrip dat die sluiting van kerke en ander godsdiensplekke ‘n impak op mense gehad het. Ook dat godsdiensleiers se advies, leiding en ondersteuning erken en waardeer word. Hy het gese dat die regering daarom geestelike leiers as werkers sien wat ‘n noodsaaklike diens in die gemeenskap lewer.

Hy het alle Suid-Afrikaners uit alle geloofsgemeenskappe gevra om Sondag 31 Mei as Suid-Afrikaners te verenig waar hulle ookal is in ‘n nasionale biddag om vir die genesing en beskerming van die land en sy mense te bid.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button