Mynboubedrywighede kan antieke rotskuns skaad

Mynboubedrywighede kan antieke rotskuns skaad

Bpk. se aansoek om ’n 2 547 hektaar steenkoolmyn tussen Vereeniging en Meyerton op te rig, sou slaag. Vaalweekblad kan nou berig dat die Redan Rock Art Site binne die gebied val wat vir mynboubedrywighede geoormerk is. Die gebied is in 1971 as ’n nasionale monument verklaar en word in terme van die wet op nasionale erfenishulpbronne van 1999 as ’n provinsiale erfenisgebied beskou.
Hoewel daar vroeër ’n steenkoolmyn en kragstasie naby die rotskunsplek was, bestaan daar kommer oor hoe die massiewe 2 547 hektaar myontwikkeling die erfenisgebied gaan raak.

Die sandsteenrots buite Redan waar daar tussen 200 en 300 rotsgravures aangetref is, is volgens die Suid-Afrikaanse Argeologiese Vereniging se
amptelike webwerf nog nie geannaliseer nie en dus kan daar nie met sekerheid gesê word hoe oud dit is nie. Dit is egter soortgelyk aan rotsgravures naby Kimberley wat tussen 150 en 8400 jaar gelede gemaak is en moontlik uit daardie tydperk kan dateer.
Volgens David Pearce van die Universiteit van Witwatersrand se Rotskunsinstituut word daar geskat dat die kuns waarskynlik in die omgewing van 2 000 jaar oud is. Verskeie inheemse groepe, insluitend die Korana en Khoekhoe, het gedurende hierdie tyd deur die suidelike Hoëveld Mynboubedrywighede kan antieke rotskuns skaad getrek.
Volgens prof. David Morris, professor van argeologie en erfenisstudies aan die Sol Plaatje Universiteit in Kimberley en hoof van die McGregor Museum se argeologiedepartement, is hierdie rotsgravures die enigste van sy soort in Gauteng en dus ’n baie belangrike gebied.
“Dit is dus ‘n formeel beskermde gebied wat van groot belang is. Morris meen rooi ligte moes afgegaan het toe daar aansoek ingedien is om in
die onmiddellike omgewing van die rotskuns te myn. Pearce sê alle argeologiese terreine, insluitende rotskunsareas, word outomaties beskerm deur die wet.
“Die hersiening van die Hooggeregshof verlede jaar van die onwettige mynbou op die Canteen Kopjie-terrein naby Barkly-Wes in die Noord-Kaap het dit duidelik gemaak dat mynbou nie op verklaarde erfenisterreine mag plaasvind nie en dat mynbou-aansoeke nie erfeniswetgewing mag ignoreer nie,” sê Pearce. Navrae is aan Canyon Resources (Pty) Ltd, Glubay Coal (Edms.) Bpk. se moedermaatskappy gestuur maar teen druktyd het die maatskappy nog nie op dié navrae gereageer nie. Die Suid-Afrikaanse Erfenishulpbronagentskap (SAEHA) is ook vir kommentaar genader maar het teen druktyd nog nie gereageer nie.
Die eerste gedeelte van die publieke deelname proses is reeds voltooi waartydens inwoners van omliggende gebiede van die beoogde myn in kennis getel is en daar na insette geluister is.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button