HealthLifestyle

Jou kind en die ‘groot skool’

Geniet die nuwe avontuur wat voorlê vir julle!

Die groot dag het aangebreek.
Jou kind bereik ‘n groot mylpaal. Hy/sy lyk baie netjies in hul nuwe skooluniform, en staan trots langs die skooltas wat amper so groot is soos hulself. Dit is hul eerste dag in graad 1.
Maar hoe berei jy jou kind voor vir die veranderinge en uitdagings wat saam met
graad 1 kom?
In hierdie artikel, sal ek ‘n paar praktiese wenke gee om jou te help om jou kind voor te berei vir die oorgang van graad R na graad 1:
1. Roetine: Begin van dag 1 ‘n roetine instel vir jou kind. ‘n Vaste roetine bied sekuriteit en geborgenheid vir jou kind. Daardie boustene sal jou kind in staat stel om te floreer met die groot veranderinge wat gaan volg. Jy kan vir jou as
ouer ook ‘n roetine opstel, soos om middagete die aand voor die tyd al voor te berei en in te pak.
2. Doen navorsing: Wanneer jou kind begin, kan jy as ouer navorsing doen oor wat alles in die klas aangespreek gaan word, soos byvoorbeeld lees, skryf en wiskunde. Deel van die kurrikulum sal ook groot motoriese vaardighede
insluit. Hierdie inligting sal vir jou as ouer ook kan help voorberei vir wanneer jou kind jou hulp gaan nodig hê.
3. Handhaaf balans: Voor hierdie jaar, het jou kind spel gebruik as metode om te leer. Nou moet jou kind in die klaskamer sit vir sekere hoeveelheid tyd voor hulle kan gaan buite speel. Dit is dus noodsaaklik dat jou kind die belangrikheid van balans leer. Om nie van die skool af reguit televisie toe te stap nie, maar om liewers buite te gaan speel, of moontlik aan te sluit by ‘n
sportspan.
4. Wees hul grootste ondersteuner! Gedurende enige groot veranderinge voel almal van ons onseker, hetsy ons jonk of ouer is. Gee jou kind al die ondersteuning wat hy/sy nodig het, en moedig hulle gereeld aan.
5. Huiswerk: Sit saam jou kind en bied hulp aan wanneer hulle hulp nodig het. Die belangrike ding om ingedagte te hou, is dat hulle dit steeds self moet aanpak en jy nie die huiswerk vir hulle doen nie.
Geniet die nuwe avontuur wat voorlê vir julle!

Related Articles

Back to top button