Man se liggaam steeds nie gevind nie

Soektog word môre hervat

Parys –Polisieduikers sal môre (Maandag 30 Desember) die soektog hervat na die tweede man wat Saterdagmiddag 28 Desember in die Vaalrivier by die Mimosa Tuine verdrink het nadat die mans se kano omgeslaan het.

Die duikers het sedert vroeg vanoggend (Sondag 29 Desember) gesoek en teen 10:00 die liggaam van een van die mans uit die water gehaal.

Teen laatmiddag moes die soektog egter eers gestaak word omdat die duikers toe reeds hul maksimum tyd onder die water was.

Dankie aan lede van Parys SAPD, K9 Sasolburg en die polisieduikers van Welkom wat Saterdagmiddag en vandag in gure weer onverpoosd gesoek het na die mans.

  • Intussen is ook verneem dat die liggaam van ‘n hawelose man vanmiddag in Breëstraat gekry is.

 

 

 

Related Articles

Back to top button