Jong man skiet rower naby Wandellaan

Jong man skiet rower naby Wandellaan

Potchefstroom –  ‘n Jong man (32) van Pretoria, wat vir sy vriendin in Potchefstroom kom kuier het, het vanoggend ‘n gewapende rower in die rug geskiet toe drie verdagtes hom met ‘n mes aangeval het.

Die voorval het omstreeks 09:50  op die hoek van James Moroka- en Walter Sisululaan regoor die African Bank plaasgevind. Die slagoffer is deur drie mans genader wat sy selfoon by hom wou afneem. Hy het geweier om die selfoon te oorhandig.

Een van die verdagtes het die slagoffer toe vasgedruk terwyl ‘n ander een ‘n mes uitgehaal het om hom te steek. Die slagoffer het in ‘n struweling op die grond geval. Hy het sy vuurwapen wat by hom was, uitgehaal en dit op die mans gerig. Hy het toe een van die verdagtes in die rug geskiet. Die ander verdagtes het gevlug.

Kaptein Mvula Chaka, ‘n woordvoerder van die polisie in Potchefstroom, sê ‘n saak van gewapende roof is geopen. Die verdagte wat geskiet is, is met ‘n ambulans na die Potchefstroom Hospitaal geneem. Die saak word verder deur die polisie ondersoek.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button