Die potjies gaan prut by die Blikkiesfees

Vierduisend blikkies kos. Dit is waarvoor gemik word

Vierduisend blikkies kos. Dit is waarvoor gemik word wanneer Parys op 14 September Blikkiesfees hou.
Met dié fees word uitgereik na hulle wat minder het in Parys en omliggende dorpe. Daar sal nie wins gemaak word nie, net ‘n dag van pret aangebied word waarmee terselfdertyd gehelp word om die al groter wordende nood van mense te verlig.
Maak daarom seker dat jy op 14 September op die Hoërskool Parys se sportgronde is. Die feesvure brand reeds vanaf 09:00 tot 19:00 en tien kunstenaars sal deur die dag optree.
Vir die kinders is daar pretaktiwiteite, terwyl jy sommer hier ‘n draai by die kunsmark uitstallers kan maak.
Daar word ‘n potjiekos-kompetisie vir die oggend beplan met verskeie kategorieë. Maatskappye/besighede kan vir die Goue Pot inskryf teen R1 000, waarmee ’n jagpakket met ’n koedoe ooi as prys, gewen kan word. Individue kan inskryf in spanne vir die Silwer pot-kategorie teen R200 inskrywingsgeld per span. Die prys is ’n jagpakket met ’n rooibok as prys. Hoërskoolleerlinge kan ook in spanne inskryf teen R150 per span vir die Junior Goud Pot-kategorie. Die prys is R2 000 vir die wenspan.
Die Junior Silwer Pot-kategorie is vir laerskoolleerlinge wat in spanne deelneem teen R100 per span. R1 000 prysgeld is op die spel vir die wenspan. Spanne kan minder maar nie meer as vyf lede per span wees. Deelnemers gebruik ’n minimum van ’n nr. 5 pot. Volledige reëls sal met elke inskrywing gegee word. Skakel Lettie by 083 628 5694 vir meer inligting oor die potjiekos-kompetisie. Aansoeke vir kunsmark uitstallers het op 16 Augustus gesluit. Skakel Alta by 082 065 9649 of 082 574 3514 vir meer inligting.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button