Domefees word nou dorp se fees – dit is wat jy kan verwag

Die Parys Domefees wat vir jare deel was van Parys, sal voortaan ‘n splinternuwe baadjie hê wanneer dit as dorpsfees aangebied gaan word. Of dit ‘n kunstenaarsoptrede, vriendskaplike rugby- of rolbalkragmeting, kunsuitstalling, wynproe, Koepel-kaskenades, sjef-a-la-cousine, safari-ete, deurnagkuier of watter kreatiewe geleentheid ook al is. Die gedagte is om die hele Parys te betrek by een …

Die Parys Domefees wat vir jare deel was van Parys, sal voortaan ‘n splinternuwe baadjie hê wanneer dit as dorpsfees aangebied gaan word.
Of dit ‘n kunstenaarsoptrede, vriendskaplike rugby- of rolbalkragmeting, kunsuitstalling, wynproe, Koepel-kaskenades, sjef-a-la-cousine, safari-ete, deurnagkuier of watter kreatiewe geleentheid ook al is. Die gedagte is om die hele Parys te betrek by een groot feestelikheid met verskeidenheid.
Elke besigheid, instansie, klub of skool in die dorp sal sy eie unieke feesgeleentheid reël en bemark, met die Parys Ontwikkelingsforum wat die oorkoepelende koördinering sal doen en in ruil ‘n gedeelte van die opbrengs van elke feesgeleentheid sal kry. Of jy man-alleen, of saam met ander besighede wil kragte saamspan – hierdie is ‘n geleentheid om die dorp en dit wat Parys het om besoekers te bied, te bemark.
Die gedagte is om die fees voorlopig die tweede naweek in Augustus aan te bied. Dit is om saam te val met die langnaweek wanneer Vrouedag op 9 Augustus gevier word.
Kom luister saam op 6 Mei om 18:00 by die Parys Info-kantoor na wat beplan word, en kom gee jou idees en insette vir ‘n heerlike gesinsfees.
Jy kan ook die Parys Info-kantoor skakel met idees of vir navrae by (056) 811 4000.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button