Wêreldbiddag vir vroue ook in Vredefort gevier

Wêreldbiddag vir vroue ook in Vredefort gevier

Die NG Gemeente Vredefort sluit op 1 Maart 2019 om 10:00, by duisende vroue dwarsoor die wêreld aan om saam te bid.
Met die Wêreldbiddag vir Vroue word vroue van verskillende rasse, kulture en kerke byeen gebring om ’n gebedsketting dwarsdeur die wêreld te vorm, soos die son in elke land opkom, vir ongeveer 24 uur.
Vanjaar se leuse, soos gegee deur die vroue van Slowenië, is: “Kom- Alles is Gereed”.
Past. Rhinus van Sandwyk van die Sion gemeente in Parys, sal as spreker optree.
Bring jou buurvrou, huishulp, vriendin en skoonma en kom bid saam! Daar is tee na die tyd.

Exit mobile version