VUT studente baie ongelukkig

VUT studente baie ongelukkig

VANDERBIJLPARK. – Ten midde van die reën het studente van Vaal Universiteit van Tegnologie (VUT) gister, Maandag 11 Februarie  betoog buite die kampusgronde.

Volgens inligting is die hele kampus ontruim en gaan die betogings hoofsaaklik oor verblyf en die feit dat sommige studente met agterstallige rekenings nie toegelaat is om te registreer.

Op ‘n stadium het die skares hand uitgeruk en is hulle deur die polisie verjaag. Hulle het op die R42 Barrageweg gehardloop en op stadiums toe die die polisie hulle jaag, oor die heinings van inwoners gespring. Daarna het almal weer voor die hoofhek vergader en het die reën wat harder begin val het, hul genoodsaak om moed op te gee.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button