Epilepsie Week: Kom neem jou Selfie of steek ’n kers aan vir hulle met epilepsie

Epilepsie Week: Kom neem jou Selfie of steek ’n kers aan vir hulle met epilepsie

Epilepsie Suid-Afrika vier jaarliks Nasionale Epilepsie Week in die tweede week van Februarie. Vanjaar se viering is van Maandag, 11 Februarie tot Sondag 17 Februarie wat aansluit by Internasionale Epilepsie Dag (11 Februarie). Die doel van die viering is om aan die een kant die aandag te vestig op die uitdagings wat mense met epilepsie in die gesig staar, maar ook te kyk na prestasies wat mense met epilepsie behaal.
Nasionale Epilepsie Week is die eerste keer in 2015 gevier, en word sedertdien jaarliks gevier op die tweede Maandag in Februarie in meer as 120 lande wêreldwyd.
Nie net is dit ’n voorspraakstrategie om toepaslike wetgewing te skep wat die regte van mense met epilepsie waarborg om hulle te bemagtig om die beste uit die lewe te haal nie, maar fokus dit ook op die probleme wat mense met epilepsie, hul families en versorgers ervaar.
Die tema vir vanjaar is, “Dit is Ek!” juis om:
a) Mense bewus te maak daarvan dat mense met epilepsie nie ‘n homogene groep is nie, maar individue;
b) Aandag te vestig daarop dat epilepsie met enigiemand op enige stadium kan gebeur;
c) Die selfbeeld van mense met epilepsie te verbeter; en
d) ‘n Geleentheid te bied aan die algemene publiek om hulle steun te wys vir mense met epilepsie – “Dit is Ek wat Epilepsie steun!”
Epilepsie Suid-Afrika bied verskeie geleenthede aan waar die week gevier word op provinsiale vlak. Dit word gedoen deur onder onder andere bewusmakingspraatjies, danse, pretlope, inligtingsveldtogte, kerslig geleenthede, gala-etes en selfs ‘n jaarlikse padblokkade in Mpumalanga.
Epilepsy SA se Vrystaat en Noordwes tak gaan self ’n besige bewusmakingsweek hê met baie aktiwiteite. Dit sluit in:
• Bewusmakingspraatjies by die skole in en om Parys.
• Epilepsy Flashmobs in gedeeltes van die Vrystaat en Noordwes.
• Radio-onderhoude en mediaplasings.

Só kan jy Epilepsie Week in Parys ondersteun:
* Maak seker jy is by die Epilepsy Awareness Selfie dag op 11 Februarie tussen 09:00 en 11:00 by Checkers Parys.
• ‘Candle Lighting Seremonie’ om 18:00 by Epilepsie SA se Vrystaat/Noordwes-sentrum in Boomstraat 52, Parys.
• ‘n Boeresport Pretdag vir al die sentrum-inwoners en personeel. Die publiek is meer as welkom om hierdie aktiwiteite saam ons te kom geniet.
Gaan kyk gerus op die Facebook blad https://www.facebook.com/epilepsysa/ of skakel Hubre by (056) 811 5959 vir meer inligting.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button