Lifestyle

Kenners beantwoord mees algemene vrae wat nuwe ouers oor babas en slaap het

Kenners beantwoord mees algemene vrae wat nuwe ouers oor babas en slaap het.

V: Dit lyk of my baba sy dae en nagte omgeruil het. Wat kan ek doen?

A: Volgens Jodi Mindell, Ph.D., mede-direkteur van die slaapsentrum en  kinderhospitaal in Philadelphia, moet die ligte dof gehou word in die nag.

“Beweeg stadig wanneer jy hom voed. Wees vervelig,” sê Mindell.

Deur die dag moet ouers seker maak dat helder lig in ʼn vertrek is.

“Kry en hou hom so besig as wat jy kan gedurende die dag. Maak geluide. Speel met hom. Met ander woorde, gedurende die dag, wees interessant,” sê sy.

V: Is ʼn slaaptydroetine regtig belangrik?

A: Ja. “Slaaptyd moet konsekwent wees,” sê Mindell.

“Elke gesin moet sy eie roetine ontwikkel, maar as jy elke dag dieselfde aktiwiteite in dieselfde volgorde doen, help dit vir baba om te weet wat om te verwag,” sê sy.

Mindell stel voor om drie of vier afwentelingsaktiwiteite te doen. Dit kan slaapliedjies, gebede, wieg, voed en lees insluit.

V: As ek my baba wieg om aan die slaap te raak, sal hy nie begin afhanklik word daarvan nie?

A: “As jy dit doen en jou baba slaap die hele nag, moenie bekommerd wees nie,” sê Jennifer Waldburger, mede-eienaar van Los Angeles-gebaseerde “Sleepy Planet” en skrywer van die boek en DVD The Sleepeasy Solution.

“Na omtrent vier maande, as hy wakker word, moet jy dat hy self weer aan die slaap raak. Jy kan hom steeds as deel van die afwentelingsproses wieg, maar lê hom slaperig neer in plaas van heeltemal aan die slaap.

V: Is ʼn skedule vir middagslapies belangrik?

A: Voor drie maande kan jou baba maar deur die dag slaap soos dit hom pas.  Volgens Mindell hoef jy nie streng te hou by ʼn skedule na drie maande nie, maar ‘n bietjie struktuur help ouers en baba. Teen die ouderdom van nege maande beweeg die meeste babas natuurlik na ‘n skedule van omstreeks 9:00 en 14:00. ” Maar probeer om nie ‘n skedule op jou baba af te dwing nie,” sê Mindell.

V: Wanneer kan ek my baba neerlê sodat hy self aan die slaap raak?

A: Waldburger en ander kenners stel voor dat wanneer hy omtrent vyf maande oud is, jy jou baba snags ‘n bietjie kan laat huil. (Dit beteken nie dat hy vir ure lank gelos moet word om te skree nie.) Waldburger stel voor dat jy met vyf minute begin. As dit te moeilik is, tel hom na drie minute op. “Dit klink wreed om nie ‘n huilende baba op te tel nie,” sê sy, “maar ons vind dat dit oor die langtermyn beter is,” sê sy.

 

Related Articles

Back to top button