Brandstofprys in Oktober dalk hoogste nog in vier jaar

Verhoging in brandstofpryse vir Oktober voorspel

Brandstofpryse kan na verwagting in Oktober die hoogste nog in vier jaar wees, as die rand in die volgende week nie versterk en die olieprys daal nie.

Brandstofpryse is die afgelope paar maande al op rekordvlakke, maar in Oktober word verwag dat die petrolprys vir die eerste keer dalk meer as R17 per liter kan wees. Die oorsigtydperk vir Oktober se brandstofpryse eindig 27 September, waarna die nuwe brandstofpryse sal geld van 3 Oktober.

Die verwagte styging kom nadat die regering vir die eerste keer sedert 1990 ingegryp het in die vasstelling van die brandstofprys om verbruikers na maande van skerp stygings, tegemoet te kom.

Gevolglik kon die onderverhaling van omtrent 28c per liter in die petrolprys, en 32 sent per liter in die dieselprys, vir September afgeweer word. Petrol het toe net 5c duurder geword, terwyl die groothandelprys vir diesel onveranderd gebly het.

Related Articles

Back to top button