Botsing in digte rook van veldbrand

Mense word gemaan om veral nou terwyl brandgevaar hoog is, ag te slaan op waarskuwings om spoed te verminder in digte rook.

Barrage. – Sewentig hektaar weiding en ’n stoor met voer het Sondag (12 Augustus) afgebrand toe ’n brand net na 12:00 by Ladiesfontein naby die Bessieplaas op die Barrage-pad begin het.
Die brand het in die rigting van die N1 gewoed, waar dit uitgebrand het.
Sewentien vuurvegters en talle hulporganisasies en vrywilligers was gou op die toneel, en is die brand teen 15:00 onder beheer gebring.
Die digte rook was egter die oorsaak dat drie voertuie in ’n botsing  by die N1 aansluiting met die R59, betrokke was.  Niemand is ernstig beseer nie.
Op 9 Augustus het dit ook langs die N1 by die Greenlands-aansluiting gebrand nadat ’n motor aan die brand geraak en die veld aan die brand gesteek het. Vyf en twintig hektaar weiding het afgebrand. Mense word gemaan om veral nou terwyl  brandgevaar hoog is, ag te slaan op waarskuwings om spoed te verminder in digte rook. Trek eerder af waar dit veilig is, as die rook jou sig belemmer.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button