HealthLifestyle

Ly jy aan gehoorverlies?

Die tegnologie in die apparate maak dit moontlik om spraak van agtergrondgeraas te onderskei en selfs om jou gehoorapparaat met Bluetooth tegnologie aan jou slimfoon te Koppel. Wanneer moet ek hulp soek vir gehoorverlies? As jy bekommerd is dat jy moontlik ’n gehoorprobleem het kan jy na die volgende tekens oplet: •Jy vra dikwels vir …

Die tegnologie in die apparate maak dit moontlik om spraak van agtergrondgeraas te onderskei en selfs om jou gehoorapparaat met Bluetooth tegnologie aan jou slimfoon te Koppel.

Wanneer moet ek hulp soek vir gehoorverlies?
As jy bekommerd is dat jy moontlik ’n gehoorprobleem het kan jy na die volgende tekens oplet:
•Jy vra dikwels vir herhaling.
•Jy sukkel om te hoor in groepe of vergaderings.
•Jy maak die TV harder sodat dit vir ander mense ’n steurnis is.
•Jy vermy sosiale geleenthede en voel geïsoleerd omdat jy nie kan hoor nie.
Wat moet ek doen omtrent ’n gehoorprobleem?
Tydens ’n gehoorevaluasie kan die oorsaak van die gehoorverlies vasgestel word en sodoende die korrekte behandeling aanbeveel word.
Daar kan baie verskillende oorsake vir ’n gehoorverlies wees, onder andere die volgende:
•Was in die oorkanaal
•Oorinfeksie
•Ouderdomsverwante agteruitgang in gehoor
•Geperforeerde oordrom
•Gehoorverlies as gevolg van blootstelling aan geraas
•Gehoorverlies as gevolg van virale aantasting
Hoe word gehoorverlies behandel?
Sekere tipes gehoorverlies is medies behandelbaar en sal u verwys word deur die oudioloog vir mediese behandeling indien nodig.
Indien vasgestel sou word dat die gehoorverlies permanent van aard is, word dit meestal met gehoorapparate behandel.
Daar is ’n wye verskeidenheid van gehoorapparate beskikbaar en die nuutste gehoorapparate is klein en bykans onsigbaar.
Die tegnologie in die apparate maak dit moontlik om spraak van agtergrondgeraas te onderskei en selfs om jou gehoorapparaat met Bluetooth tegnologie aan jou slimfoon te Koppel.
Wat is die gevolge van onbehandelde gehoorverlies?
Onbehandelde gehoorverlies kan ernstige nagevolge hê. ’n Verlies aan gehoorsensitiwiteit word geassosieer met verminderde kognitiewe funksionering asook depressie.
Daar is ook ’n verband gevind tussen gehoorverlies en die ontwikkeling van demensie.
Onbehandelde middeloorprobleme kan ook lei tot komplikasies wat permanente gehoorverlies tot gevolg kan hê.
Dit is dus baie belangrik om vroeë tekens van gehoorverlies te identifiseer en sodoende die regte behandeling te kry om komplikasies te voorkom.
Vanaf 1 tot 30 Augustus word ’n gratis gehoorevaluasie vir persone bo 50 aangebied by Eunice Bierman Gehoorpraktyk.
Indien jy van hierdie aanbod gebruik wil maak, kan jy die praktyk skakel vir ’n afspraak by (018) 293 0567.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button