Motorwagte steeds deur PSIRA beheer

Motorwagte steeds deur PSIRA beheer

Die Parys Gemeenskap Polisiëring Forum (GPF) besluit nie wie as motorwagte diens doen in die dorp nie.
Só het die GPF vandeesweek by monde van sy voorsitter, Anne-marie du Toit, gesê oor dié wanopvatting wat by die publiek bestaan.
Du Toit sê die GPF het slegs die publiek se ondersteuning gevra vir motorwagte wat nie kriminele rekords het nie.
Sy sê PSIRA is steeds die organisasie wat motorwagte beheer.
Met die geweldige toename in motorwagte wie nie almal PSIRA geregistreer is nie, het die GPF in samewerking met die polisie ‘n tyd gelede begin om identifikasiekaarte aan motorwagte uit te reik wat geen misdaadrekord het nie.
Hoewel nog kaarte uitgereik sal word, sal die proses ’n tyd neem om afgehandel te word.
Die motorwagte is gevra om die kaart sigbaar te dra, of op aanvraag te toon aan mense wat van die motorwag se dienste gebruik sou maak, in die hoop dat dit meer vertroue by die publiek sal skep om dié motorwagte te ondersteun.
Kapt. Sibudi, waarnemende stasiekommissaris van die Parys-polisiestasie, het met die oorhandiging, motorwagte se samewerking bepleit en benadruk dat motordiefstal in die dorp groot kommer wek.
Ao. Jan le Roux het gesê motorwagte kan baie waardevolle inligting aan die polisie gee.
Hy het gevra dat die motorwagte sakboekies by hulle sal dra sodat volledige beskrywings en registrasienommers van verdagte voertuie so gou moontlik aan die polisie deurgegee kan word.
Hy het daarop gewys dat motorwagte nie net daar is om na voertuie te kyk nie, maar die oë en ore van die polisie en die publiek moet wees.
Ao. Le Roux het gesê as motoreienaars bereid is om ’n diensfooi aan ’n motorwag te gee, daar werklik ’n diens gelewer moet word op ’n netjiese en professionele manier.
Motorwagte is aangemoedig om self by PSIRA te registreer en hulle so gou moontlik by die polisie te laat verifieer vir ’n identifikasiekaart.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button