Ouer mense neem toe – maar gebrek aan sorg wek kommer

Suid-Afrika se bejaarde bevolking word vinnig meer, sonder genoegsame emosionele welstand-sorg deur die staat.

Na raming sal sowat 30% van volwassenes van 60 jaar of ouer tans in die een of ander stadium psigotrope medikasie benodig.
Suid-Afrika se jongste bevolkingsensus (Stats SA Junie 2017) toon ’n toename van 2,8 miljoen ouer mense in 1996 (7,1% van die totale bevolking) na 4,6 miljoen (8,1%) in 2017. Na verwagting sal die aantal ouer mense orals ter wĂȘreld in 2045 meer as die aantal kinders wees. Die vooruitskatting is dat die globale bevolking van mense ouer as 60 van 900 miljoen in 2015 na 2 miljard in 2050 sal toeneem. Een derde van die wĂȘreldwye bevolking sal teen die einde van die eeu in daardie kategorie val.
Prof. Felix Potocnik, ’n lid van die South African Society of Psychiatrists (SASOP), sĂȘ Suid-Afrika is in Afrika een van die lande wat die vinnigste oud word, en diĂ© demografie vereis ’n bewustheid van die uitdagings wat ouer mense in die gesig staar, en hul behoeftes.
“Daar is ’n verskil tussen gewone oudword en ingekorte emosionele welstand. Dis belangrik om ’n onderskeid tussen die twee te tref. Depressie en demensie word dikwels in ouer volwassenes minder dikwels gediagnoseer as wat dit moet, of oor die hoof gesien, of nie behandel nie. Dit is weens verskeie faktore, soos ’n oorvleueling met ander toestande en gedrag. Die siekte doen hom op so baie maniere voor dat dit dikwels moeilik is om sleutelmaatstawwe daar te stel wat sal help om ‘klassieke’ gevalle uit te ken.”
Prof. Potocnik is bekommerd oor die gebrek aan sorg vir ouer mense in Suid-Afrika wat probleme met hul emosionele welstand ondervind.
Data van die WĂȘreldgesondheidsorganisasie (WGO) se Globale Gesondheidobservatorium raam daar is een sielkundige per 100 000 van die bevolking in Suid-Afrika, en selfs minder (0,4%) in die staatsektor. Dis is ’n erg ontoereikende toestand. Vergelyk dit met die VSA en die Verenigde Koninkryk, waar daar onderskeidelik 12,4 en 14,6 sielkundiges per 100 000 is. Net drie van Suid-Afrika se 650 sielkundiges spesialiseer in bejaardes, in vergelyking met die internasionale neiging van twee tot sewe sulke sielkundiges per 100 000 mense ouer as 65 jaar.
“Daar was vyf eenhede aan ons Suid-Afrikaanse universiteite wat aan psigogeriatrie toegewy was. Tans is daar net een by die Stikland-hospitaal in Bellville in die Wes-Kaap. Die Stikland-hospitaal is ’n openbare hospitaal en het die enigste eenheid en opleidingsfasiliteit vir Geriatriese Psigiatrie in Suid-Afrika wat deur die Raad op Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (RGBSA) erken word. Die Eenheid beslaan drie sale met ’n totaal van 77 beddens (33 vir mans en 44 vir vroue). Die vraag oorskry die aanbod, en daar is ’n waglys van etlike weke. Die rede is dat daar ongeveer 600 000 bejaarde mense in die Wes-Kaap is, en dat sowat 40 000 (6,6%) na raming met demensie leef.”
Hy sĂȘ daar word al hoe meer op familie, vriende, maatskaplike steungroep, distriksklinieke en streekshospitale gesteun om te help met die taak om dienste vir ouer mense te lewer. Boonop is medikasie duur.
“Daar is medikasie om Alzheimersiekte te behandel. Teen die helfte van die dosis is dit ook doeltreffend in die geval van vaskulĂȘre demensie, diffuse Lewy Body-siekte en Parkinsonsiekte-demensie. Behandeling met albei agente, waar generiese ekwivalente beskikbaar is, kos minder as R500 per maand. Dit is egter nie in die Staatsgesondheidsektor beskikbaar nie, en tans befonds die meeste mediese hulpskemas dit nie. Die meeste mediese hulpskemas erken Alzheimersiekte nie as ’n Voorgeskrewe Minimumvoordeel nie, en daarom is medikasie en sorg baie duur.”
Waarom is bejaardes sĂł in die spervuur wat probleme met emosionele welstand betref?
Prof. Potocnik sĂȘ die uitdaging wat met ’n gevorderde ouderdom gepaard gaan, skep sterk emosies soos hartseer, angstigheid, eensaamheid en afname in selfvertroue en selfbeeld.. Saam met liggaamlike en/of emosionele verswakking raak ‘n persoon meer kwesbaar, , en word dit moeiliker om talle bedrywighede in die daaglikse lewe vol te hou.
“Ouer volwassenes wat aan depressie ly, ervaar simptome wat by hul daaglikse lewe inmeng. Die gevolg is dat hulle hul aan sosiale bedrywighede, vriende en familie onttrek, asook aan al die dinge wat hulle vreugde gegee het. Dis belangrik dat familielede oplettend is vir gedragsveranderings. Hulle moet dan by mediese en verwante dienste aanklop om hulp.”
In Suid-Afrika ly tot 6-7% van die bejaarde bevolking aan demensie. In meer ontwikkelde lande soos die Verenigde Koninkryk is die syfer 1 in 3.
Prof. Potocnik sĂȘ demensie is meestal ’n stadige proses wat geleidelik verergerwat gespesialiseerde monitering en behandeling deur ’n sielkundige vereis.
“’n Mate van vergeetagtigheid is is normaal namate ’n mense ouer word, maar dis belangrik om te besef dis geen probleem as ’n mens steeds verstandige besluite kan neem en elke dag met die lewe kan voortgaan nie. In die vroeĂ« stadiums kan veelvuldige kognitiewe uitvalle ’n daling in iemand se vermoĂ« om abstrak en logies te dink, taal behoorlik te gebruik en verstandige besluite te neem, vooruitgaan
“Die brein se onvermoĂ« tot behoorlike werking begin om daaglikse bedrywighede te beĂŻnvloed. Die persoon toon daarom dus moontlik ’n onvermoĂ« om lank genoeg aandag te skenk en te fokus om ’n boek of artikel behoorlik te lees, of ’n TV-program te volg. Kunstenaars kan dalk hul werkstandaard nie volhou nie of mense raak by die werk miskien aan die slaap.”
Prof. Potocnik sĂȘ gemoedskomeelinge is ’n baie vroeĂ« teken van demensie. Daar is gewoonlik ’n onderstroming van irritasie wat dikwels met emosionele uitbarstings gepaard gaan. Die pasiĂ«nt toon miskien ook herhaalde depressiewe episoides of angstigheid wat al hoe moeiliker word om te behandel en in toom te hou.
“Die persoonlikheid verander dalk. Dit wissel miskien van ’n subtiele verergering van bestaande karaktertrekke tot optrede wat heeltemal buite karakter is, soos ’n predikant wat winkeldiefstal pleeg, of ’n sakeman wat onverstandige en roekelose besluite neem en beleggings doen wat geheel en al teen hul vorige gedrag indruis.”
Hy sĂȘ geheueverlies onder diĂ© wat aan demensie ly, is onder meer ’n onvermoĂ« om nuwe inligting aan te leer, om waardevolle items soos sleutels of beursies te verloor, of om in ’n bekende omgewing te verdwaal. Behalwe die vergeetagtigheid herhaal mense dinge, en vergeet moontlik om troeteldiere te voer, of dat kos in die oond gaar word. In die gevorderde stadiums van geheueverlies vergeet ’n mens miskien belangrike besonderhede en datums, en onthou of herken ’n mens selfs nie gesinslede nie.
“Boonop kan die kombinasie van verswakkende kognisie en beweging daarop uitloop dat die persoon nie toepaslik kan aantrek nie, of nie kan skryf nie. Ander sukkel om bepaalde voorwerpe soos penne, verskillende geldwaardes en sleutels te herken en die name daarvan te noem, of waarvoor hulle gebruik word. In baie gevorderde stadiums herken hulle moontlik nie eens meer hulself in die spieel nie. Hulle spraak word al meer vaag, sonder inhoud en besonderhede en met verdere agteruitgang word onverstaanbare lang sinne gebruik.
“In die breĂ« kan die duur van demensie slegs twee maande wees, of oor twee dekades heen strek. Die pasiĂ«nte self verloor baie gou insig, en is nie bewus van enige probleme wat hulle dalk mag veroorsaak nie, maar diĂ© ‘tweede kinderjare’ is vir versorgers ’n groot las. Onder hulle kom depressie en ander siektes meer as twee maal die normale voor, so ook die nodigheid van medikasie of selfs toelating tot ’n hospitaal. Versorgers wat na ’n gade met demensie omsien, toon self ’n ses maal groter voorkoms van demensie (12 maal groter vir manlike versorgers) in vergelyking met portuurs waar albei gades goeie gesondheid geniet.”
Hy wys daarop dat dit nie altyd bekend is wat demensie veroorsaak of sneller nie, maar sommige voorkomende maatreĂ«ls kan die begin van Alzheimersiekte en vaskulĂȘre demensie vertraag en die verloop van die siekte self moontlik vertraag. Let egter daarop dat dit geen waarde het sodra die toestand hom voorgedoen het, of ver gevorder het nie.
‱Hormoonvervangingsterapie (estrogeen met of sonder progesteroon) is net doeltreffend as dit ten tye van menopouse begin word en waar ’n gebrekaan vroulike hormone bevestig is. Behandeling behoort nie langer as 2-4 jaar volgehou word nie.
‱Vitamine E (<400 IE) en C (440 mg) daagliks, verkieslik saam. Let wel dat volgehoue aanvullings van vitamine E in hoĂ« dosisse (+400 IE daagliks) met ’n hoĂ«r sterftesyfer verband kan hou.
‱Rooiwyn (een eenheid vir vroue en twee vir mans, waar een eenheid aan 125 ml daagliks gelyk staan). Die voordele word aan resveratrol en ander alifatiese verbindings toegeskryf.
‱Nie-steroïdiese anti-inflammatoriese middels (NSAIMe). Gewone NSAIMe soos ibuprofen en diclofenac asook naproxen wat vir so min as 2-3 jaar gebruik word, kan beskerming teen Alzheimersiekte bied.
‱Koffie. Daar is ’n kleiner kans op neurokognitiewe siektes of Alzheimersiekte in die latere lewe as twee koppies koffie (nie diĂ© sonder kafeĂŻen, of kitskoffie nie) elke dag gedrink word.
‱Kakao. ’n Hoeveelheid wat ooreenstem met 40 gram 80% donker sjokolade per dag.
‱’n Dieet wat ryk is aan vitamine B, C, D en E (vrugte en groente) en omega 3-vetsure (vis), en wat min hoĂ« transvette (geprosesseerde kos) bevat. Die gevolg is voordelige bloedvoedingstofmerkerpatrone wat sowel kognitiewe werking en breinvolume beĂŻnvloed.
‱Intellektuele stimulering en hoĂ«r onderwys verbeter die breinreserwe deur sinapsverbindings te verbeter.
‱Minder stres. Dit word verbind met hegte vriendskappe of vertrouelinge, ’n goeie sosiale netwerk, asook ontspanningsbedrywighede en stokperdjies.
‱Beheer oor vaskulĂȘre risikofaktore soos diĂ© wat nou met die patofisologie van Alzheimersiekte verbind word. DiĂ© risikofaktore word verbind met isgemiese insidente en vaskulĂȘre risikofaktore (die regte bestuur van hoĂ« bloeddruk, suikersiekte en hoe cholesterol, die voorkoming van plaatjieopeenhoping, genoeg oefening, matige alkoholverbruik en om op te hou rook).

Related Articles

Back to top button