Verhoor eers Maandag hervat

Die verhoor van die ses mans van Parys wat tereg staan op twee aanklagte van moord na die dood van Simon Jubeda en Samuel Tjixa op 6 Januarie 2016, sal nou eers Maandag 7 Mei in die hooggeregshof in Parys voor regter Corné van Zyl hervat word.

 

Die verhoor sou Woensdag 2 Mei hervat het en is op die hofrol geplaas tot 18 Mei.

Die staat voer in sy saak aan dat Boeta van der Westhuizen, sy seun Loedie, en skoonseun Miela Jansen van Vuuren, Anton Loggenberg en sy seun Cor, en kapt. Henk Prinsloo, glo die oorledenes op 6 Januarie 2016 sodanig sou aangerand het op die plaas Swartklip in die Weiveld-distrik, dat hulle kort na die voorval aan hul beserings onderskeidelik in die Parys- en Pelenomi-hospitale beswyk het.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button