Beroep op Minister van Gesondheid oor behandelingsprotokol van MDR-TB

Groter duidelikheid is nodig oor die standaardprosedure vir die behandeling van multiweerstandige TB (MDR-TB) wat die pasiënt se gehoor kan aantas en selfs heeltemal doof maak. Só sê die Nasionale Raad van en vir Persone met Gestremdhede (NCPD) in reaksie op ʼn onlangse verslag in ʼn prominente Sondagkoerant oor die newe-effekte van die standaardbehandeling op individuele pasiënte, en teenstrydighede oor die risiko’s wat dit inhou.

 

 

 

 

 

TB is steeds die hoofoorsaak van sterftes onder Suid-Afrikaners, met meer as 20,000 gevalle van  multiweerstandige TB1. Dié openbare gesondheidskrisis tesame met die uitwerking van sekere MDR-TB-behandelings op die pasiënt se gehoor, het ʼn saak van kommer geword.

 

Die koerantberig beweer dat sommige individue nie bewus was van die risiko wat die neem van MDR-TB medisyne vir hulle gehoor ingehou het nie. Ander beweer dat hulle eers van die risiko bewus gemaak is nadat hulle bedaquiline (die medisyne wat nie ʼn bedreiging inhou nie) begin ontvang het en reeds gehoorverlies ondergaan het.

 

As ʼn organisasie sonder winsoogmerk wat streef na die handhawing van menseregte vir persone met gestremdhede, met inbegrip van persone wat gehoorgestremd of doof is, versoek die NCPD dringende bevestiging van die standaardprotokol vir die behandeling van MDR-TB pasiënte.  Die NCPD het op 20 Maart in ʼn brief aan Minister Motsoaledi die feite aangevra.

 

“Die reg tot informasie word vasgelê in die Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting, 2000. In my opinie is die weerhouding van inligting oor die newe-effek wat ʼn medisyne op ʼn pasiënt het, ʼn newe-effek wat ʼn pasiënt permanent affekteer, gelyk aan strafbare manslag,” sê Me Dorothy-Anne Howitson, lid van die NCPD Uitvoerende Komittee en ʼn persoon met gestremdheid.

 

Sedert Wêreld Gehoordag (3 Maart) voer die NCPD  ʼn bewusmakingsveldtog oor gehoorsorg, veral met betrekking tot toestande en medisyne wat ʼn mens se gehoor kan aantas.  Volgens die Wêreld Gesondheidsorganisasie ondergaan minstens 15% van ʼn land se bevolking gehoorverlies – wat 7,8 miljoen Suid-Afrikaners sou beteken. Uit dié geraamde getal ervaar minstens 3,5 miljoen mense “stremmende” gehoorverlies, waarvan 1,7 miljoen in die ouderdomsghroep 15 tot 64 jaar val.

 

“Wat die statistieke so ontstellend maak, is dat ons te doen het met kinders van skoolgaande ouderdom, studente en mense wat in die arbeidsmark is. Gehoorgestremdheid word nie net in aftree-oorde of ouetehuise aangetref nie; dis oral en verg dringende aandag”, sê Mev Michelle Tonks, amptenaar vir gehoorgestremdheid en doofheid by die NCPD en moeder van ʼn dowe kind.

 

Die NCPD doen ʼn beroep op Suid-Afrikaners om professionele praktisyns soos Oudioloë te raadpleeg oor gehoorsorg, en om by mediese praktisyns meer te wete te kom oor die impak wat siektes en/of die behandeling daarvan op ʼn mens se gehoor kan hê. Vir ondersteuning met jou gehoorsorg of ʼn evaluering, besoek jou naaste kliniek of kontak ʼn oudioloog .

“As NCPD voel ons positief oor ons nuwe president Cyril Ramaphosa en die kabinetskommeling en ons glo dat sodanige menseregtekwessies nou met meer erns hanteer sal word. As NCPD bied ons ons volle samewerking aan, om op nasionale, provinsiale en plaaslike vlak saam met die regering te werk.”

 

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version