Parys sing vir Sutherland

Die NG Kerk Parys-Wes, bied in samewerking met die sangpaar, Francois en Elizabeth Fourie, ’n  toewyding sangaand aan op op Sondag 4 Februarie om 18:00 by die NG Kerk Parys-Wes. Almal is welkom om te kom saamsing. Die diens word spesifiek gehou met gedagte aan die boeregemeenskap van Sutherland, wat gebuk gaan onder die swaarste …

Die NG Kerk Parys-Wes, bied in samewerking met die sangpaar, Francois en Elizabeth Fourie, ’n  toewyding sangaand aan op op Sondag 4 Februarie om 18:00 by die NG Kerk Parys-Wes.
Almal is welkom om te kom saamsing.
Die diens word spesifiek gehou met gedagte aan die boeregemeenskap van Sutherland, wat gebuk gaan onder die swaarste droogte in 100 jaar.
Die kollekte wat opgeneem word, sal ten bate van die Dankbaarheids Droogtefonds van Sutherland wees.
Dit gaan egter nie net daaroor nie, maar ook om ons eie dankbaarheid vir ’n  goeie seisoen te bewys, en om ons vir die nuwe jaar, opnuut aan die Here toe te wy, sê Francois en Elizabeth.
Kom neem gerus deel! Kom net soos jy is. Bring die kinders ook saam!

Related Articles

Back to top button