4-Jarige al sedert Kersdag vermis

Die polisie is steeds opsoek na Moses Wana (4) wat al sedert Kersdag in Ventersdorp vermis geraak het. Netwerk24 berig dat Wana se gesin by familie in Ventersdorp gekuier het. Volgens sers. Kelebogile Moleko, polisiewoordvoerder, is Wana, sy twee boeties en hulle ouma saam na ‘n veld naby hulle huis. Wana en sy boeties, onderskeidelik nege en… …

Die polisie is steeds opsoek na Moses Wana (4) wat al sedert Kersdag in Ventersdorp vermis geraak het.

Netwerk24 berig dat Wana se gesin by familie in Ventersdorp gekuier het. Volgens sers. Kelebogile Moleko, polisiewoordvoerder, is Wana, sy twee boeties en hulle ouma saam na ‘n veld naby hulle huis. Wana en sy boeties, onderskeidelik nege en vier jaar oud het glo baklei waarna een van hulle hom met ‘n klip gegooi het.

“Hulle het hom in die bosse gelos en sonder hom terug gekeer huis toe,” het Moleko gesê.

Dit is nog onduidelik of die ouma by hulle was nadat hulle van die veld af terugkeer het.

Enige iemand wat inligting het, kan vir Sers. De Ruiter van die Potchefstroom GKS eenheid skakel by 018-293 9200/060 970 9120.

Related Articles

Back to top button