Man sterf ná gyrocopter val

’n  Man is Dinsdag 21 November dood nadat die gyrocopter waarmee hy gevlieg het laatmiddag tussen Wolwehoek en die Parys-vliegveld op die plaas Dawidsfontein in die Parys-distrik geval het. Die gyrocopter het aan die brand geslaan. Die man is op die toneel dood verklaar deur nood mediese personeel van Parys Medix. Lede van die Vaal …

’n  Man is Dinsdag 21 November dood nadat die gyrocopter waarmee hy gevlieg het laatmiddag tussen Wolwehoek en die Parys-vliegveld op die plaas Dawidsfontein in die Parys-distrik geval het.
Die gyrocopter het aan die brand geslaan. Die man is op die toneel dood verklaar deur nood mediese personeel van Parys Medix.
Lede van die Vaal Eden Brandvereniging, boere van die omgewing en Landelike Gemeenskap Veiligheid (LGV) het gehelp om die brand te blus en die toneel te beveilig.
Burgerlugvaart het vanoggend hul ondersoek op die toneel gedoen, en is die polisie ook besig met hul ondersoek.
Dit is nog nie seker wat die ongeluk veroorsaak het nie.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button