DBV kry welkome hupstoot

Die plaaslike DBV-tak het ’n  groot en baie nodige geldelike hupstoot die afgelope week ontvang met die oorhandiging van ’n R35 000 skenking. Dit was die opbrengs van ’n  volblad Veeplaas advertensie wat opgeveil is tydens die gala-dinee van die Alfa-fees wat in September in Parys gehou is. Die Sernick-groep het die advertensie spasie op …

Die plaaslike DBV-tak het ’n  groot en baie nodige geldelike hupstoot die afgelope week ontvang met die oorhandiging van ’n R35 000 skenking. Dit was die opbrengs van ’n  volblad Veeplaas advertensie wat opgeveil is tydens die gala-dinee van die Alfa-fees wat in September in Parys gehou is. Die Sernick-groep het die advertensie spasie op die veiling gekoop. Nick Serfontein, voorsitter van die Sernick-groep  het die bod opgejaag om uiteindelik die opbrengs van R35 000 aan die DBV te kon skenk – 50% meer as die markwaarde van die advertensie.  Op die foto is Amelia van Zyl (fondsinsamelaar van die plaaslike DBV-tak) saam met Telanie Strydom (Alfa fees) en Phillip Oosthuizen, Sernick Hoof van Navorsing en Ekonomie.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button