Meld hondevergiftiging by polisie aan

Die polisie doen ’n beroep op inwoners om dit by die polisie aan te meld wanneer hulle honde vergiftig word. Illustration photo Die polisie doen ’n beroep op inwoners om dit by die polisie aan te meld wanneer hulle honde vergiftig word. Volgens kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, het die polisie bewus geword van sake wat …

police,saps

Illustration photo

Die polisie doen ’n beroep op inwoners om dit by die polisie aan te meld wanneer hulle honde vergiftig word.
Volgens kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, het die polisie bewus geword van sake wat nie aangemeld is nie.
“Dit is ’n probleem omdat wanneer honde vergiftig word, daar ’n sterk moontlikheid is dat skelms beplan om in te breek,” het hy gesê.
Volgens hom is dit nie noodwendig so dat hulle dieselfde aand nog wil inbreek nie, maar kan hulle dit so beplan dat die inbraak eers ’n week later plaasvind.
“Ons moet dit ondersoek, maar het nodig dat die gemeenskap die sake aanmeld. Sodoende kan ons dalk verdagtes opspoor deur te kyk na watter tipe gif gebruik word. Al word niks gesteel nie, moet mense dit steeds aanmeld,” het hy gesê.

Related Articles

Back to top button