HealthLifestyle

Vroeë ontwikkeling – so kan jy jou kind help

Ontwikkelingsagterstand word omskryf as die mate waartoe ʼn kind agter is om mylpale te bereik binne wat bepaal word as die norm vir kinders op daardie ouderdom. Literatuur beweer dat tot 8% van kinders van geboorte tot ses jaar ontwikkelingsagterstande het en sommige in meer as een area van ontwikkeling. Die vraag is: Wat is …

Ontwikkelingsagterstand word omskryf as die mate waartoe ʼn kind agter is om mylpale te bereik binne wat bepaal word as die norm vir kinders op daardie ouderdom. Literatuur beweer dat tot 8% van kinders van geboorte tot ses jaar ontwikkelingsagterstande het en sommige in meer as een area van ontwikkeling.
Die vraag is: Wat is die mees algemene agterstande en is daar iets wat gedoen kan word?
Motoriese ontwikkeling: Een van die agterstande wat hier gereeld gesien word sluit in babas wat nie kruip nie
Faktore wat hier ʼn invloed kan uitoefen het te doen met die groot aantal babatoerusting wat vandag op die mark is. Die gebruik van babastoeltjies vir sit- en loopringe ontneem babas die nodige oefening wat kom van tyd op die magie en kruip sodat die nek-, skouer- en rugspiere kan sterk word. Hierdie aktiwiteite is ook belangrik vir koördinasie later wanneer die kind begin skryf.
Magie-tyd behoort van so vroeg moontlik na geboorte gebruik te word wanneer jy tyd met jou baba deurbring. Begin met so min as 1 to 5 minute. Aanvanklik sal die kop slegs na een kant draai en baba sal dalk knieserig wees.
Sodra babas begin om hul kop te lig is dit groot pret vir hulle om hulself in die spieël dop te hou. Plaas dit op ʼn veilige afstand en verseker dat dit nie sal val en baba sny nie. Maak ‘n rolletjie met ʼn handdoek en sit dit onder die armpies deur vir groter gemak.
Speelgoed kan ook binne bereik neergesit word sodat baba aangemoedig word om dit te vat en te ondersoek. Jy kan nou tussen 5 en 30 minute toelaat soos die kind groter word vir hierdie spesiale speeltyd. Speel saam met jou baba want dan kry sy taalontwikkeling ook sommer ʼn hupstoot.
Muffin pannetjies en plastiese maatkoppies maak heerlike speelgoed houertjies. Vul die holtes met bv. balle, houtblokkies of plastiese vorms en baba kan dit insit, uithaal of heen en weer skuif of gooi na hartelus. Om die sintuie verder te stimuleer, verander gerus die tekstuur van dit waarop baba lê. Gebruik soms ʼn handdoek, joga mat, kombers of self ʼn blink noodkombers (lyk soos ʼn vel foelie) en kyk hoe baba reageer.
Sodra baba begin opstoot om hande viervoet te staan kan ʼn leë plastiese koeldrankbottel waarin jy helder krale, bietjie rys of selfs blinkers gegooi het, help as motiveerders om te beweeg. (Draai die prop styf toe vir veiligheid).
Kartondose is heerlike speelgoed. Gebruik ʼn stewige doos om ʼn tonnel te vorm om deur te kruip, jy kan ook sykouse laat hang by die openinge vir sensoriese stimulasie. Gebruik die geleentheid om jou kind te leer van posisie in die ruimte, bv. voor, agter, bo-op, binne in, langsaan.
Dit is nooit te vroeg om die wiskundige begrippe te begin vaslê nie en watter beter manier as om dit met hulle lyfies te beleef soos hulle om en oor goed klim en klouter.
Lekker speel tot volgende keer.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button