HealthLifestyle

Bloeddruk in ‘n neutedop

Bloeddruk kan gedefinieer word as die krag wat bloed uitoefen op die wande van jou are soos dit deur die liggaam sirkuleer. Wanneer die druk te hoog is, affekteer dit die arteriële wand negatief, en die hart moet harder werk. Faktore soos oefening, spanning en emosies kan ‘n tydelike styging in bloeddruk veroorsaak, en is… …

Jacqueline Human – Gemeenskapsapteker

Bloeddruk kan gedefinieer word as die krag wat bloed uitoefen op die wande van jou are soos dit deur die liggaam sirkuleer. Wanneer die druk te hoog is, affekteer dit die arteriële wand negatief, en die hart moet harder werk.
Faktore soos oefening, spanning en emosies kan ‘n tydelike styging in bloeddruk veroorsaak, en is heel normaal. Kroniese verhoging in bloeddruk kan egter ernstige mediese probleme veroorsaak.
Hoë bloeddruk (hipertensie) kan simptome veroorsaak soos hoofpyne, neusbloedings en episodes van duiseligheid en sweet. In meeste gevalle is pasiënte sonder simptome wat meer gevaarlik is, want jy kan simptoom-vry wees tot jy ‘n hartaanval of beroerte kry, of brein-, nier- of visie probleme ontwikkel.
Risiko faktore wat bydra tot hipertensie sluit in onder andere ‘n dieet hoog in vet, tafelsout en suiker, te veel alkohol of kaffeien, stimulante, swak dieet, te min fisiese aktiwiteit, sekere medikasie (voorbehoedpil en anti-inflammatoriese middels), rook, onderliggende mediese toestande, kroniese spanning en swaarmetaal vergiftiging.
Verskeie tipes medikasie word voorgeskryf om bloeddruk onder beheer te bring, wat onder andere vog afdryf, spierkontraksie beïnvloed, ensieme affekteer, sekere meganismes in die liggaam blok, asook die hartritme beheer. Hierdie medikasies kan verskeie newe-effekte tot gevolg hê, byvoorbeeld nutrient-wanbalans, hardlywigheid, naarheid, edeem, veluitslag, hoesbuie, hoofpyne en vele meer. Probeer rekord hou van jou simptome, noteer wanneer dit begin, en of dit met die medikasie verband kan hou.
Alternatiewe tot bloeddruk medikasie sluit dieet- en leefstylaanpassings, aanvullings en sekere kruie in. Dit is belangrik om jou apteker of dokter te raadpleeg oor interaksies met kruie as jy enige ander medikasie gebruik. Aanvullings wat ‘n positiewe effek op bloeddruk het, sluit in magnesium, koënsiem-Q10, Omega-3 en kalium vanaf voedselbronne soos piesangs en groen blaargroente. Dit is belangrik om kennis te neem dat seesout addisionele minerale bevat wat die natrium uitbalanseer, en dus nie die styging in bloeddruk veroorsaak wat normale tafelsout doen nie.
Kosse wat hoogs geprosesseer is, byvoorbeeld disse wat jy net hoef warm te maak, is hoog in natrium vir preserveer doeleindes, en kan dus ook jou bloeddruk affekteer.
* Vir meer inligting oor bloeddruk beheer, stuur ‘n e-pos na totalwellness.pharmacy@gmail.com

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button